SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número3The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN NIEKERK, Anton A.. Die intellektueel as opvoeder. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.3, pp.305-317. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n3a1.

Hierdie artikel handel oor die rol van die openbare intellektueel in die opvoeding van die samelewing. Die skrywer toon aan hoe vele skrywers meen dat die idee van die openbare intellektueel sy oorsprong in Antieke Griekeland het, met Protagoras en Sokrates as vermeende voorbeelde. Dit word meer algemeen aanvaar dat openbare intellektuele ʼn moderne verskynsel is. Hulle medieer tussen die publiek en ʼn wêreld van meesal moeilik toeganklike idees. Op die kulturele vlak evalueer hulle die status van die samelewings waartoe hulle behoort, en in die politiek ontwikkel hulle idees wat lei tot politieke aksie. Die skrywer wys veral op die oorgange in intellektuele optrede vanaf moderniteit na postmoderniteit. Hulle verwerp toenemend die outoritêre deklamasie van natuurwette en kulturele vorme, hulle spreek bedenkinge uit oor die houdbaarheid van die kategorie van seker kennis, hulle artikuleer die gefragmenteerdheid van die moderne wêreldbelewing, hulle verwerp toenemend die idee van die selfevidente gegewenheid van verskynsels en vervang dit met die idee van die noodsaak van mediasie via tekens en simbole, en hulle propageer laastens ʼn wêreld waarin Filosofie as die "Vak" wat aan almal verduidelik waarmee hulle "eintlik" besig is, vervang word met die dialoog-soekende en bemiddelende idee van hermeneutiek.

Palavras-chave : Intellektueel; moderniteit; postmoderniteit; wetenskap; subjek; kultuur; opvoeding; rasionaliteit; relativisme; dilettante.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons