SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue2The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

EKSTEEN, Riaan. Brexit se politieke en ekonomiese nagevolge en historiese realiteite. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.2, pp.265-291. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/V59N2A8.

Hierdie oorsigartikel is nie 'n kronologiese weergawe van alles wat rondom Brexit gebeur het nie. Dit gee eerder die hooftemas weer wat op hul beurt onvermydelik lei tot duplikasie van verwysings en gevolgtrekkings in sekere gevalle. Waar Brexit vir die Europese Unie (EU) 'n ernstige buitelandse beleidsonderwerp is, gaan dit vir die Verenigde Koninkryk (VK) amper meer oor 'n oorlewingstryd om binnelandse politieke mag en die voortbestaan van die VK as 'n politieke eenheid. Die impak van binnelandse aangeleenthede op buitelandse beleid word gedemonstreer deur eerste minister May se onversetlike standpunt oor die Europese Geregshof (EG).1 Die VK ervaar die EG as 'n soewereiniteitsbedreiging. Daarom is die wekroep van die Brexit-veldtog vir die VK om "weer volle beheer terug te kry". Om die VK van die EU se menige instellings en beleidsvoorskrifte los te maak en te organiseer, sou altyd 'n moeilke taak wees. Die aanvanklike pogings om volle betekenis aan Brexit te gee en ook 'n toekomstige verhouding met die EU te bewerkstellig - een sonder die EG se betrokkenheid - is kil deur die Europese gespreksgenote ontvang. Aangesien die eerste minister se ononderhandelbare voorwaardes en rooilyne dwaaslik en teenstrydig neergelê is, was dit onvermydelik dat hulle nie sou steekhou nie. Dat die EG in die proses sou verdwyn, was wensdenkery aan die kant van die VK. Daarenteen was die EU nou meer vasberade dat geen voorstel wat die EG se rol minimaliseer, nog minder die Hof se betrokkenheid uitsluit, oorweeg sou word nie. Om die VK se oordrewe fokus op die EG te verstaan, is dit belangrik om die gebeure voor en na die referendum in ag te neem.

Keywords : eerste minister May; Europese lasbriewe; Europese Geregshof; Europese integrasie; Europese Unie; Ierse terugval-opsie; jurisdiksie; onttrekkingsooreenkoms; Parlement; politieke verklaring; rooilyn; sperdatums; territoriale integriteit; voorwaardes; witskrifte.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License