SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número2Remuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspectiveThe use of body maps by educators in fulfilling their pastoral role índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DE BRUIN, George  y  CORNELIUS, Eleanor. "My pen is in my hand": 'n Ondersoek na die leksikale aktivering in Engels-Afrikaanse algemene tweetaliges, beroepsvertalers en beroepstolke. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.2, pp.216-234. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n2a4.

De Bruin (2018) stel 'n unieke metodologie voor om te bepaal of tweetalige persone 'n taalselektiewe of taalnieselektiewe aktiveringsproses van die mentale leksikon ondergaan. Dié metodologie, wat die fokus van hierdie artikel is, verskil in twee belangrike opsigte van vorige metodologieë wat taalaktivering in tweetaliges ondersoek.2 In die eerste plek verryk dit die navorsingskonteks van lekseemvlak (woordvlak) na 'n hoër tekstuele vlak in 'n poging om aan die geïdentifiseerde behoefte in die psigolinguistiek vir 'n meer natuurlike navorsingskonteks te voldoen. Tweedens is dit na die navorsers se wete die eerste studie van sy soort wat tussen verskillende tipes tweetaliges onderskei, te wete algemene tweetaliges, beroepsvertalers en beroepstolke. Om die drie tipes tweetaliges doeltreffend af te baken, word streng kwalifiseringsvereistes aan respondente van die onderskeie groepe gestel. In die studie word volledige, intertalige homograaf- en kognaatsinne gebruik, vergeleke met vorige navorsing wat intertalige homograwe en kognate in andersins eentalige sinne gebruik.3 Die bevindinge van die studie dui op taalnieselektiewe aktivering van die mentale leksikon, en dat beroepsvertalers en beroepstolke moontlik 'n hoër mate van taalnieselektiewe aktivering as algemene tweetaliges ondergaan.

Palabras clave : psigolinguistiek; mentale leksikon; leksikale aktivering; taalnieselektiewe aktivering; navorsingsmetodologie; tweetaliges; beroepsvertalers; beroepstolke; homograafsin; kognaatsin.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons