SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue2Remuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspectiveThe use of body maps by educators in fulfilling their pastoral role author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DE BRUIN, George  and  CORNELIUS, Eleanor. "My pen is in my hand": 'n Ondersoek na die leksikale aktivering in Engels-Afrikaanse algemene tweetaliges, beroepsvertalers en beroepstolke. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.2, pp.216-234. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n2a4.

De Bruin (2018) stel 'n unieke metodologie voor om te bepaal of tweetalige persone 'n taalselektiewe of taalnieselektiewe aktiveringsproses van die mentale leksikon ondergaan. Dié metodologie, wat die fokus van hierdie artikel is, verskil in twee belangrike opsigte van vorige metodologieë wat taalaktivering in tweetaliges ondersoek.2 In die eerste plek verryk dit die navorsingskonteks van lekseemvlak (woordvlak) na 'n hoër tekstuele vlak in 'n poging om aan die geïdentifiseerde behoefte in die psigolinguistiek vir 'n meer natuurlike navorsingskonteks te voldoen. Tweedens is dit na die navorsers se wete die eerste studie van sy soort wat tussen verskillende tipes tweetaliges onderskei, te wete algemene tweetaliges, beroepsvertalers en beroepstolke. Om die drie tipes tweetaliges doeltreffend af te baken, word streng kwalifiseringsvereistes aan respondente van die onderskeie groepe gestel. In die studie word volledige, intertalige homograaf- en kognaatsinne gebruik, vergeleke met vorige navorsing wat intertalige homograwe en kognate in andersins eentalige sinne gebruik.3 Die bevindinge van die studie dui op taalnieselektiewe aktivering van die mentale leksikon, en dat beroepsvertalers en beroepstolke moontlik 'n hoër mate van taalnieselektiewe aktivering as algemene tweetaliges ondergaan.

Keywords : psigolinguistiek; mentale leksikon; leksikale aktivering; taalnieselektiewe aktivering; navorsingsmetodologie; tweetaliges; beroepsvertalers; beroepstolke; homograafsin; kognaatsin.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License