SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

NEL, Marius. Moedertaal in die kerk: Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS van SA) en Afrikaans as 'n illustrasie van die rol van moedertaal in die kerk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.2, pp.177-191. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n2a1.

Die artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n Afrikaanssprekende Christen en gebruik die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika (AGS) as 'n gevallestudie van moedertaal wat apartheidstrukture (waarskynlik onbewustelik) perpetueer. Die AGS ontstaan in 1908 as 'n veelrassige, Engelstalige kerk onder leiding van twee Amerikaanse sendelinge, John G. Lake en Thomas Hezmalhalch, wat vanuit hulle betrokkenheid by die Azusastraatherlewing in Los Angeles (vanaf 1906) die boodskap na Afrika bring van die uitstorting van die Gees. Veral Lake is vasbeslote dat eredienste veelrassig bly en sy bediening word deur verskeie botsings hieroor met wit gelowiges gekenmerk, veral oor sy noue verhouding met Elias Letwaba, 'n prominente swart leier. Nog voor hulle vertrek na Amerika, wanneer Pieter L. le Roux as eerste Suid-Afrikaanse president verkies word, verval die kerk reeds in patrone van gemeentevestiging wat ooreenstem met die bestaande patrone wat die Suid-Afrikaanse samelewing gekenmerk het, en segregasie tussen rasse institusionaliseer. Leiding hierin het veral van Afrikaanssprekende wit leiers gekom. In 1996 verenig die voormalige vier afdelings van die AGS in al sy strukture maar steeds bestaan die meeste gemeentes volgens taal en geografiese area in segregasie, alhoewel meerdere vergaderings en konferensies in die kerk veelrassig is en in Engels plaasvind. Slegs enkele Engelstalige gemeentes asook wit Kaapse Afrikaanstalige gemeentes wat enkele van die gemengde-rasbevolking insluit, het veelrassig geword. Ná 'n historiese bespreking vra die artikel na die uitdagings wat taaldiversiteit inhou en die houdbaarheid daarvan om die diversiteit wat die kerk verteenwoordig in die plaaslike gemeente gestalte te laat kry. Verskeie voorstelle word gemaak wat wit Afrikaanssprekende AGS-lidmate se taalsentimente akkommodeer terwyl dit ook 'n bydrae lewer om die mense van Suid-Afrika as 'n reënboognasie te vestig.

Keywords : eenwording; veelrassigheid; Afrikaans; segregasie; dogterkerke; saamgestelde afdeling; verenigde kerk; Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License