SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

PIENAAR, W.J. (Wessel). Voorgestelde metodes om die voordele van padprojekte te maksimeer. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.1, pp.142-156. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a10.

Hierdie artikel stel metodes voor wat 'n vervoerowerheid kan volg om die voordele van padvoorsiening te maksimeer. Ná die inleiding word 'n metode voorgestel waarvolgens openbare padprojekte gekies kan word wanneer 'n vaste begroting vir padbouprojekte geld. Hierdie metode bestaan uit vyf stappe en is gegrond op die inkrementele-voordeel-koste-beginsel. 'n Prestasiegeoriënteerde metode word voorgestel vir die proaktiewe keuse van padprojekte om ekonomiese groei en ontwikkeling teweeg te bring wanneer 'n veranderlike begroting moontlik is. Die metode bestaan uit drie stappe en is, soos die keuringsproses wat bespreek is, gegrond op die inkrementele-voordeel-koste-beginsel. Hierdie twee metodes word met behulp van voorbeelde toegelig. Die gevolgtrekkings wat uit die studie vloei, word dan aangebied.

Keywords : koste-voordeel-ontleding; inkrementele-voordeel-koste-verhouding; mobiliteit; onafhanklike projekte; onderling uitsluitende projekte; toeganklikheid; vaste begroting; veranderlike begroting; verkeerskomponente.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License