SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número1Student teachers' interpretation and use of learning theory conceptsThe perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

AMERICA, Carina  e  LE GRANGE, Lesley. Dekolonisering van die kurrikulum: ʼn Kontekstualisering van Ekonomie- en Besigheidstudie-onderrig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.1, pp.106-124. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a7.

Die debat oor die dekolonisering van opvoeding het (her)opgeduik in Suid-Afrika. Daar word erken dat dekolonisering ʼn komplekse en veelvlakkige proses is met betrekking tot die betekenis, wie behoort in Afrika-universiteite te onderrig, wat behoort onderrig te word vir watter student (SU 2017). Komplekse begrippe soos Afrikanisasie, Eurosentrisme, verwestersing, kolonialisme, kolonialiteit, dekolonisering en dekolonialiteit het verskyn en is belig (sien SU 2017; Le Grange 2016; Le Grange 2018; Mbembe 2015). Daar is egter ʼn swye in huidige diskoerse wanneer dit kom by onderwysersopleiding (Sayed, Motala, & Hoffman 2017), spesifiek betreffende die onderrig van Ekonomie en Besigheidstudie (EBSO). Dit is omdat die dekoloniseringsdebat merendeels op hoër onderrig in die algemeen gefokus is (sien Le Grange 2016; Le Grange 2018; Mtembe 2015). Die vraag is hoe die EBSO-kurrikulum as deel van ʼn aanvanklike onderwysersopleidingsprogram gedekoloniseer en die kontekstuele en inhoudskennis belyn kan word. Inhoudskennis in EBSO is gemodelleer op ʼn oorwegend neoklassieke wêreldsiening wat meestal ontdaan is van plaaslike Suid-Afrikaanse sosio-ekonomiese werklikhede (America 2014; Maistry & David 2018) en waar ongelykheid en armoede in die samelewing steeds aansienlik hoog is (Bernstein 2014; Wêreldbank 2018). Die pre- en postkoloniale tydperke het voetspore gelaat in die hedendaagse ongelykheid en ʼn disposisie wat diep gewortel is in instellings en organisasies. Die hedendaagse sakewêreld en ekonomie waarin instellings en organisasies gevestig is, vorm deel van die inhoud van EBSO, maar is nie noodwendig 'n aanduiding van die kontekstuele kennis nie. Die rol van instellings word later bespreek. Ons argumenteer dat insig in die volgende drie aspekte riglyne kan verskaf vir die belyning van kontekstuele met inhoudskennis in onderwysersopleiding: die meriete van geskiedenis, die stel van kritiese vrae en die modellering van gekontekstualiseerde onderrig. Die toepassing van kennis wat relevant is vir spesifiek (Suid-)Afrikaanse kontekste kan studente in staat stel om beter sin te maak van hul vakgebied. Voorafgaande impliseer ʼn tweeledige aanpassing in die EBSO-kurrikulum: eerstens die insluiting van Afrika-perspektiewe en tweedens die integrasie van ekonomie en besigheidsgeskiedenis in die kurrikulum.

Palavras-chave : aanvanklike onderwysersopleiding; ekonomie-onderrig; besigheidstudie-onderrig; dekolonialisering; kolonialiteit; instellings; kontekstualisering.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons