SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número1The possiblie impact of an absent father on a child's development — a teacher's perspectiveGrade R educators' experience of their professional development following an intervention programme índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

OLIVIER, Louise. Die effek van 'n verpligte akademiesegeletterdheidsmodule op Afrikaansmoedertaal-eerstejaarverpleegstudente se akademiese skryfvaardighede. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.1, pp.67-86. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a5.

In hierdie artikel word die effek van 'n verpligte akademiesegeletterdheidsmodule op Afrikaansmoedertaal-eerstejaarverpleegstudente se akademiese skryfwerk deur middel van 'n evaluering, ondersoek. Alhoewel akademiese geletterdheid meer as net akademiese skryfwerk behels, is skryf steeds een van die hoofaktiwiteite waarmee universiteitstudente geassesseer word (Archer 2008:24). Die evaluering van die module het binne die konteks van toegepaste taalkunde plaasgevind aangesien een van die belangrikste funksies van toegepaste taalkunde is om oplossings vir taalprobleme te ontwerp en voor te stel. 'n Gevallestudienavorsingsontwerp is gebruik om die evaluering van die module uit te voer. Beide kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes is gebruik om data in te samel en te analiseer. Eerstens is aanlyn vraelyste aan verpleegkundedosente gestuur om 'n behoeftebepaling aangaande verpleegstudente se skryfwerk te doen. Volgens die dosente sukkel verpleegstudente met skryfwerk en veral met argumentasievaardighede en het dié studente hulp nodig met hulle akademiese skryfwerk. Tweedens is die studente se akademiese skryfwerk deur middel van 'n merkskema geassesseer. Die studente het ook deur middel van fokusgroeponderhoude aangedui of die module wel 'n effek op hulle akademiese skryfwerk gehad het. Uit die empiriese resultate blyk dit dat die module wel 'n positiewe effek op die studente se skryfwerk gehad het. Dit is egter duidelik dat die studente se skryfwerk nie volmaak is na slegs een module nie. Verdere intervensies en navorsing is nodig om alle studente met hulle akademiese skryfwerk te ondersteun sodat hulle hul plek in die akademiese gemeenskap kan vind en hulle studies suksesvol kan voltooi.

Palavras-chave : akkulturasie; akademiese geletterdheid; akademiese skryfwerk; argumentasie; evaluering; toegepaste taalkunde; intervensie; verpleegstudente; gevallestudie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons