SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número1The liberal welfare state: democracy or meritocracy?On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysis índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

TALJARD, Marlies. Digterlike beheer en herinterpretasie: T.T. Cloete se transkripsie van twee antieke tekste in Onversadig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.1, pp.17-35. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a2.

Die doel van hierdie artikel is om twee gedigte uit die later werk van T.T. Cloete te ontleed met die oog daarop om sy siening van die "omvattende gedig" te demonstreer. Daar word aangetoon hoedat hierdie twee gedigte (wat eksemplaries is vir ʼn groot deel van die digterlike oeuvre) saamgestel is uit intertekstuele verwysings na die werk van talryke ander digters én na sy eie werk. Daar word hoofsaaklik eksemplaries te werk gegaan met die veronderstelling dat die gekose gedigte die kernaspekte van Cloete se poëtika verteenwoordig en in ʼn groot mate poëtiese gestalte gee aan gedagtes wat die skering en inslag vorm van sy selfrefleksiewe werk Die ander een is ek (2013). Die praktyk van jukstaposisie word as belangrike teoretiese basis gebruik. Daarbenewens word verskillende vorme van intertekstualiteit ondersoek. Laasgenoemde praktyk vind in die twee tersaaklike gedigte veral gestalte in woordelikse herskrywing of transkripsie. Die gevolgtrekking word gemaak dat die digter in die afdeling "saamsing", uit die bundel Onversadig ʼn kortbegrip van sy ars poëtika aanbied en dat hy nie net lig werp op sy digterlike praktyk nie, maar dat hy ook sy eie identiteit as digter en geskende mens in die gedigte "saamsing" en "Achilles se skild" inskryf.

Palabras clave : T.T. Cloete; intertekstualiteit; transkripsie; jukstaposisie; Achilles se skild; saamsing; ars poëtika; Onversadig; Identiteitskonstruksie; Hefaistos.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons