SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DEN BERG, Cilliers. Die belyning van 'n kwartet-konfigurasie: Opmerkings oor mineur- en majeurletterkundes. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-2, pp.955-975. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a6.

Deleuze en Guattari se konsep van mineurletterkundes het 'n belangrike gegewe in die literatuurteorie van die afgelope aantal dekades geword. Gewoonlik word hierdie konsep met verwysing na drie kern-eienskappe getipeer, naamlik deterritorialisasie, die politieke aard daarvan en die kollektiewe uitdrukkingswaarde wat dit sou veronderstel. Wanneer mineurletterkundes egter teen die agtergrond van Deleuze en Guattari se ander filosofiese werk geïnterpreteer word, blyk dit vinnig dat hierdie konsep veel genuanseerder aangewend behoort te word. In hierdie artikel beoog ek om presies dít te doen: die filosofiese kontekstualisering van mineurletterkundes met betrekking tot die gemeenskaplike oeuvre van beide denkers. Dit geskied deur veral na hulle konseptualisering van groeperings te verwys, oftewel hulle modellering van sosiale strukture en dinamikas in terme van (her)territorialisasie-deterritorialisasie en inhoudsvorm-uitdrukkingsvorm-asse wat mekaar kruis. Die betoog sluit af deur op sekere onderbeligte aspekte van mineurletterkundes te dui en 'n alternatiewe model voor te stel, waarmee mineurletterkundes beter getipeer kan word as die blote verwysing na die drie gesimplifiseerde kern-eienskappe, soos hierbo vermeld.

Palabras clave : Deleuze; Guattari; mineurletterkunde; groepering; deterritorialisasie; kollektiewe uitdrukkingswaarde; politieke aard van letterkunde; minoriteit-mineur; majoriteit-majeur.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons