SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

STRAUSS, Piet. Kerk en staat in twee gereformeerde kerkordes: 'n Ontleding van die Kerkordes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en die Ned Geref Kerk ná 1962. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-2, pp.940-954. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a5.

Die houding van kerke oor die verhouding kerk-staat toon ook elemente van die betrokke kerk se houding oor kerk en samelewing. Die benadering van twee Suid-Afrikaanse gereformeerde kerke na 1962 in hulle Kerkordes oor die verhouding kerk-staat, word ondersoek: die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) en die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK). Beide kerke verteenwoordig 'n standpunt wat tot op die Kerkorde (DKO) van die Nasionale Sinode van Dordtrecht in 1619 teruggaan. Soos in die DKO speel die Nederlandse Geloofsbelydenis van 1561 'n rol in die hantering van die saak deur beide Kerkordes. Die invloed van latere neo-Calvinistiese denkers skemer ook deur: sterker in die Kerkorde van die NGK as van die GKSA. Beide Kerkordes vertoon tekens van hulle eie tyd, hoewel die Kerkorde van die NGK hiervan ook meer dra as dié van die GKSA.

Palavras-chave : Belydenis bevat kernaspekte van geloof; Kerkorde gebonde aan Skrif en belydenis; Kerkorde bepaal kerkregering; Kerkorde-orde vir kerk teenoor staat; Dordts-gereformeerde benadering.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons