SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

OLIVIER, JAK (Jako). Die stand van aanlyn oop opvoedkundige hulpbronne in Afrikaans: Afrikaansonderrig as 'n gevallestudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-2, pp.905-924. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a3.

In hierdie navorsing is die stand van oop opvoedkundige hulpbronne vir Afrikaansonderrig ondersoek. Oop opvoedkundige hulpbronne verwys na materiaal vir onderrig, leer en navorsing wat in die openbaar met bepaalde lisensies gratis beskikbaar is. Hierdie verskynsel moet benader word in die konteks van oop onderwys, oopbronsagteware en oop inhoud. Dit is duidelik dat die gebruik en navorsing van oop opvoedkundige hulpbronne in 'n Suid-Afrikaanse konteks beperk is, maar besig is om uit te brei. Vanuit die literatuur rondom Afrikaans in die internetomgewing is daar wel navorsing wat raakpunte met hierdie navorsing toon en veral die belangrikheid van die Afrikaanse Wikipedia word reeds in literatuur beklemtoon. Vir hierdie navorsing is 'n dokumentanalise van webwerwe onderneem om hulpbronne in Afrikaans vir Afrikaansonderrig te ondersoek. Uit 'n databasis van 1 873 webwerwe is 22 bronne geïdentifiseer waarna die bronne induktief geanaliseer is ten einde tendense te identifiseer. Vir verdere klassifikasie is Krajcso (2016) se uitgebreide stel kwaliteitskriteria vir oop opvoedkundige hulpbronne in hierdie artikel gebruik. Uit die analise aan die hand van hierdie kriteria is dit duidelik dat die geïdentifiseerde bronne slegs met betrekking tot ontwerp en die algemene eienskappe van die inhoud en in 'n mindere mate tegniese aspekte wel hieraan voldoen. Met betrekking tot die stand van oop opvoedkundige hulpbronne vir Afrikaansonderrig is dit duidelik dat daar wel heelwat bruikbare bronne bestaan, maar hierdie bronne funksioneer nie werklik as oop opvoedkundige hulpbronne nie. Daar bestaan dus duidelik 'n behoefte aan die uitbreiding daarvan in Afrikaans en spesifiek in die konteks van Afrikaansonderrig.

Palavras-chave : oop opvoedkundige hulpbronne; OOH; Afrikaansonderrig; Afrikaans; oop onderwys; oop inhoud; aanlyn hulpbronne; Internet; digitale taalhulpbronne; aanlyn pakhuise; Afrikaanse webwerwe; Wikipedia.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons