SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-2The so-called "evidence-policy gap": The case of the De Lange reportThe state of online open educational resources in Afrikaans: Afrikaans teaching as a case study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

PRETORIUS, Engela. Mans se rol in die stryd om gendergeregtigheid: 'n Historiese oorsig van antifeminisme en profeminisme. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-2, pp.887-904. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a2.

Die sosiale orde word deur die loop van millennia deur genderongelykheid gekenmerk. Dit het aanleiding gegee tot die vrouebevrydingsbeweging en feminisme. Mans was van meet af aan betrokke by die stryd om gendergeregtigheid1 - weliswaar op verskillende maniere. Sommige het organisasies teen vroue (antifeministies) en ander vir vroue (profeministies) gevestig. Op hul beurt het vroue aanvanklik mans se betrokkenheid verwelkom (in die 1960's), maar teen die middel van die 1970's het radikale feministe mans se ondersteuning van die vrouebeweging grotendeels verwerp. In die 1990's het feministe ontevredenheid in eie geledere ervaar. Die kritiek teen sogenaamde hegemoniese feminisme was veral van vroue van kleur afkomstig. Alhoewel verskeie redes vir mans se betrokkenheid aangevoer word, word sodanige betrokkenheid meermale bevraagteken. Talle voorbehoude word derhalwe in hierdie verband gestel. Alhoewel profeminisme hoofsaaklik in Amerika en Europa ontstaan het, het dit uiteindelik na Afrika gemigreer. 'n Suid-Afrikaanse profeministiese organisasie, Sonke Gender Justice, dien as teenvoeter vir die antifeminisme van ʼn nuwe jeugbeweging (onder invloed van Julius Malema) en tradisionaliste soos Jacob Zuma.

Palavras-chave : Gendergeregtigheid; feminisme; antifeminisme; profeminisme; hegemoniese manlikheid; mansregtebeweging; mansbevrydingsbeweging; Sonke Gender Justice.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons