SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

WESSELS, JS  y  PAUW, JC. Die sogenaamde gaping tussen getuienis en beleid: Die geval van die De Lange-verslag. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-2, pp.861-886. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a1.

Hierdie artikel belig die literatuur oor die gaping tussen wetenskaplike getuienis en beleid binne die konteks van bewysgebaseerde of, soos ons dit gaan noem, navorsingsgesteunde beleid vanuit die studie van ʼn klassieke geval in Suid-Afrika, naamlik die sogenaamde De Lange-verslag na die onderwys van 1981. Ons vrae is: tot watter mate het die betrokke verslag wel gedien as grondslag vir die opdraggewer, naamlik die regering van die dag, se daaropvolgende beleid oor onderwys, en hoe kan die verhouding tussen die opdraggewer en agent verstaan word? Die De Lange-verslag en die daaropvolgende prosesse van beleidsformulering word in hierdie artikel gebruik as ʼn geval om die diskoers oor navorsingsgesteunde beleid te beoordeel. Die verslag wat in 1981 verskyn het, is ons fokus. Ons ontleding van hierdie dokument is aangevul met insigte vanuit sekondêre bronne wat oor die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN)-ondersoek na die onderwys gepubliseer is, asook deur persoonlike onderhoude en argiefwerk met rolspelers vanuit daardie tyd. Hierdie artikel lewer ʼn tweërlei bydrae, naamlik tot die geskiedenis van navorsingsgesteunde beleidmaking in Suid-Afrika, en tot die sogenaamde gaping tussen twee gemeenskappe (navorsers en beleidmakers) as verklaring vir die beperkte invloed van navorsing op beleid. Die studie het bevind dat die mate waartoe die RGN-ondersoek na die onderwys wel regeringsbeleid beïnvloed het, ʼn direkte gevolg was van die mate waartoe dit die veelvoud van partypolitieke hindernisse en navorser-beleidmaker kompleksiteite kon oorkom. Dit is inderdaad ʼn eiesoortige geval wat buite die bestek van die algemeen geldende teoretiese beskouings oor navorsingsgesteunde beleidmaking val.

Palabras clave : navorsingsgesteunde beleid; getuienis-beleidgaping; beleidstudies; prinsipaal-agentverhouding; resepsie; De Lange-verslag; getuienis; onderwysvoorsiening; Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing; Afrikaner-Broederbond; F W de Klerk; Gerrit Viljoen.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons