SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue4-1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BARKER, Rachel  and  SLABBERT, Yolandi. Die pad na gedeelde betekenis: Inlynkommunikasiemedia as veranderingsagent vir volhoubare strategiese belangegroepverhoudings. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.841-859. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a14.

Die toenemende mediakapasiteit van die verhoogde gefragmenteerde medialandskap kan voordelig of nadelig vir individue wees. Vanuit 'n organisatoriese kommunikasie-oogpunt word geargumenteer dat gedeelde kennis deur inlynkommunikasiemedia kan bydra tot volhoubare strategiese belangegroepverhoudings. Om dit te kan doen, word die artikel oorhoofs benader vanuit die Kommunikatiewe Konstitusie van Organisasies (KKO)-denkrigting as begrondingsraamwerk, met 'n spesifieke fokus op die kennisbestuurperspektief as multidissiplinêre benadering om gedeelde kennis en betekenis te bewerkstellig. Vanuit die kennisbestuursbenadering word geargumenteer dat organisasies inlynkommunikasiemedia as veranderingsagent kan gebruik om hierdie betekenis en bewustheid te skep. Vir die doel van hierdie artikel verwys inlynkommunikasiemedia na die integrasie van aanlyn en aflyn interaktiewe kommunikasie tussen die organisasie en belangegroepe en die beweging tot gedeelde betekenis deur kruis-medialiteit vir die versterking van volhoubare strategiese belangegroepeverhouding. Volgens Larghi, Lemus, Moguillansky en Welschinger (2015:22) is die integrasie van optredes en gedrag waardevol om strategiese belangegroepe te verstaan en kan dit gebruik word om die manier waarop hulle betekenis aan realiteit gee, sistematies te verander. Dit beklemtoon die siening tot 'n benadering om aanlyn en aflyn interaktiewe media te kombineer om verhoudings met strategiese belangegroepe te versterk. In lyn met die KKO-denkrigting word geargumenteer dat konnektiwiteit, wat persepsies oor tyd, spasie en verhoudings skep en individue van die digitale na die fisiese omgewing en terug te beweeg, moontlik gemaak word (Larghi et al. 2015:28). Inlynkommunikasiemedia skep dus verskillende kruis-kanaal-raakpunte vir kommunikasie om verhoudingsbestuur met strategiese belangegroepe tot voordeel van die organisasie te versterk. 'n Belangrike aspek is die beweging na gedeelde kennis wat uit 'n organisatoriese oogpunt verskil van die fokus van die media om slegs inligting oor te dra om voorsiening te maak vir die vinnige verandering in die nuwe- en sosiale- media-omgewing. Die artikel fokus op hierdie leemte in die literatuur om van inligtingoordrag deur die media te beweeg na gedeelde inligting waar die organisasie inlynkommunikasiemedia as veranderingsagent kan gebruik om gedeelde kennis, betekenis en innoverende samewerking vir probleemoplossing en volhoubare verhoudings met strategiese belangegroepe te skep. Die bydrae van die artikel is tweeledig: eerstens om vanuit 'n organisatoriese oogpunt 'n nuwe perspektief voor te stel waar inlynkommunikasiemedia gebruik kan word as veranderingsagent vir die oordrag van gedeelde kennis; en tweedens dat hierdie gedeelde kennis betekenis skep wat deur kennisbestuur moontlik gemaak word om die organisasie se verhouding met strategiese belangegroepe te versterk.

Keywords : kennisdeling; kennisoordrag; gedeelde betekenis; inlynkommunikasiemedia; strategiese belangegroepe; verhoudings met belangegroepe; Kommunikatiewe Konstutisie van Organisasies (KKO).

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License