SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue4-1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

PRETORIUS, Cornia  and  FRONEMAN, Johannes D.. Vrye Weekblad se gebruik van Boer as prys- en skeldnaam in 'n kulturele tussenruimte. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.752-769. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a9.

Die alternatiewe, anti-establishment Vrye Weekblad (1988-1994) het deur die nuustemas wat gepubliseer is, die aanbieding daarvan en die manier waarop Afrikaans gebruik is, die Nasionale Party-regering, die apartheidsideologie en euwels wat daarmee gepaardgegaan het aan die kaak gestel. Op dié wyse het die Vrye Weekblad (VWB) 'n identiteits(her)konfigurasie van wit Afrikaanssprekendes aangemoedig. Ter ondersteuning van dié poging is die konstruk Boer gebruik as positiewe en negatiewe identiteitsmerker - prysnaam én skeldnaam. Vir die artikel is Boer/boer verder ondersoek en word dit in drie dele bespreek. In deel een word die historiese betekenisverruiming en die mitologisering van die Boer, wat in die hede ook gereeld omstredenheid ontketen, uiteengesit. In die tweede deel van die artikel word 'n ontleding gedoen van die gebruik van Boer/boer in koppe, prikkels en fotokoppe op die 226 beskikbare voorblaaie van VWB in die digitale versameling van Stellenbosch Universiteit. Die derde deel van die studie bevat die resultate van 'n doelbewuste steekproef op die binneblaaie van 90 uitgawes van VWB. Die fokus was op koppe en onderkoppe. Die ontleding van Boer word benader vanuit 'n postkoloniale oogpunt met spesifieke verwysing na hoe VWB 'n kulturele tussenruimte geskep het waarin andersdenkende Afrikaners 'n weerstandsidentiteit kon aanneem sonder om afstand te doen van alle aspekte van hul Afrikaneridentiteit. Die posisie tussen kulture, hibridisering, wat as 'n dinamiese, vloeibare proses vertolk word, het ook 'n brug gebou tussen Afrikaners en hul landgenote. VWB se gelyktydige gebruik van Boer - 'n prysnaam én 'n skeldnaam - kom ook pertinent aan die orde.

Keywords : Afrikanernasionalisme; alternatiewe media; anti-apartheid; Boer; hibriditeit; identiteitskonfigurasie; kulturele tussenruimte; nonkonformerende joernalistiek; Max du Preez; mitologisering; postkolonialisme; weerstandsidentiteit; Vrye Weekblad; weerstandspers; Boer; Vrye Weekblad.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License