SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-1Development and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

LOTRIET, Ronnie. Die dood van die tradisionele koerant: 'n Strategiese assessering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.716-735. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a7.

In die digitale era bevind koerante regoor die wêreld hulself in ongekende waters en probeer inkomste vanuit aanlyn verkeer genereer. Sommige koerante, soos die Wallstreet Journal, het dié stap met merkwaardige sukses geneem, terwyl ander koerante jammerlik gefaal het. Die digitale era plaas ook geweldig druk op die koerantindustrie in Suid-Afrika. Sirkulasiesyfers en winste wys ʼn dalende tendens. Die invloed van die internet en aanlyn nuus het ʼn beduidende impak op die wyse waarop koerantuitgewers inkomste en winste gaan genereer. Indien die huidige afname in sirkulasie voortduur, kan daar so min as 750 000 koerante in sirkulasie wees in Suid-Afrika teen 2020. Koerantuitgewers behoort alternatiewe inkomstestrome vir digitale koerante te ondersoek, insluitend bekostigbare alternatiewe vir adverteerders, om te verseker dat die uitgewers hierdie adverteerders behou. Die doel van dié navorsing is om ʼn strategiese assessering te maak van die strategiese oorwegings in die migrasie vanaf gedrukte na digitale media.

Palavras-chave : gedrukte media; digitale media; strategie; besigheidsmodel; koerante; sirkulasie; advertering; kostes; inhoud; kwaliteit.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons