SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-1Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languagesDevelopment and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BORNMAN, Elirea. Die staat, diversiteit en die media: Enkele opmerkings oor die situasie in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.683-700. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a5.

Hierdie artikel fokus op die rol van die media in state wat gekenmerk word deur kulturele diversiteit soos wat die geval in die meeste Afrika-lande en ook in Suid-Afrika is. Teorieë oor die kenmerke en rol van die media in die primordiale staat, die siviele eenheidstaat en die multikulturele staat word bespreek. Daar word in die besonder gekyk na die rol van nasiebou om nasionale eenheid te bewerkstellig in heterogene state wat die model van die siviele eenheidstaat nastreef. Die praktyk van nasiebou soos dit in Afrika en ook in Suid-Afrika toegepas word, word vervolgens bespreek. Verder word die rol van die media in ʼn multikulturele staatsmodel ondersoek. Ter afsluiting word enkele opmerkings gemaak oor die rol van die media ten opsigte van die diversiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing.

Palabras clave : Diversiteit; kulturele verskille; media; multikulturalisme; nasiebou.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons