SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue4-1The contractual dimension of constitutions: new challenges for South Africa?Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languages author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

FOURIE, Pieter J.. Die invloed van die digitale medialandskap op mediateorie: Van effekteorie tot mediatiseringsteorie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.650-668. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a3.

My oogmerk is om mediatiseringsteorie in teenstelling tot effekteorie en die effekparadigma in medianavorsing as ʼn ontwikkeling en uitvloeisel van die nuwe digitale medialandskap te bespreek. Sewe generiese kenmerke van die nuwe medialandskap word geïdentifiseer en in breë trekke geskets: die diversiteit van ʼn eindelose stroom van inhoud, vorm en aanbieding, ʼn geïntegreerde en gekonvergeerde media-industrie, ʼn geïntegreerde regulatoriese model, meer en verbeterde toegang tot die media, die verskuiwing van massakommunikasie na netwerkkommunikasie, die vervanging van die media-ontvanger met die mediagebruiker en medevervaardiger, en ʼn kenmerkende "aanlyn" kommunikasiestyl. Ek probeer in hierdie artikel aantoon hoe mediatiseringsteorie van ander teorieë oor die mag en effek van die media verskil, deur die klem van kousaliteit te verskuif na hoe die media as ʼn proses van mediatisering al die domeine van die samelewing en die daaglikse lewe van die mediagebruiker infiltreer. Die ontologiese uitgangspunt is dat die media naas taal en persepsie dié instrument vir menslike kognisie geword het (vir die verstaan van die wêreld, mense, dinge, gebeure, ensovoorts.) Tweedens word die verskil tussen mediatiseringsteorie en effekteorie geïdentifiseer deur te wys op mediatiseringsteorie se klem op die media as ʼn transformasieproses soortgelyk aan die sosiale prosesse van globalisering, individualisering en kommersialisering in die ná-industriële samelewing. Samevattend word geargumenteer dat die klem in mediatiseringsteorie verskuif van media en die samelewing na media in die samelewing. Ten slotte word aangetoon hoe mediatiseringsteorie aanleiding gee tot die kritiek dat normatiewe mediateorie in die nuwe digitale medialandskap heuristiese waarde as die basis van media-etiek verloor het. Op grond hiervan word aanbeveel dat kommunikasie-etiek, wat meer omvattend as beroepsgeoriënteerde media-etiek is, as uitgangspunt vir nuwe normatiewe mediateorie ondersoek word.

Keywords : normatiewe mediateorie; effekteorie; mediatiseringsteorie; sosiale teorie; mediatisering; medialandskap; proses; infiltrasie; samelewing; transformasie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License