SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DU BUISSON, Theuns. Die ekonomiese belang van die beskerming van minderheidsgroepe vir die staat. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.3, pp.608-619. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a12.

Regerings moedig graag nasiebou aan, met die oogmerk om hul burgers saam te snoer en nasionale eenheid te bewerkstellig. In homogene samelewings geskied dit gewoonlik heel maklik, omdat mense van nature mag voel dat hulle 'n enkele gemeenskaplike doel nastreef. Minderheidsgroepe word egter daarby uitgesluit. Hierdie artikel belig die feit dat dit nog altyd die geval is. Daar word ook betoog dat regerings, veral dié van Suid-Afrika, doelbewus daarop uit is om minderheidsgroepe te ondermyn. Deur te verwys na veral die rol vir die staat wat Adam Smith identifiseer, word sulke oormatig betrokke regerings se legitimiteit bevraagteken. Veral waar dit op die direkte ondermyning van geregtigheid neerkom, is dit in stryd met Hobbes se sosiale kontrak, sowel as Adam Smith se voorgestelde rol vir die staat. 'n Ander belangrike punt wat beklemtoon word, is dat kulturele groepe se welvaart altyd voordele inhou ook vir ander groepe. Deur een te ondermyn, word die hele samelewing dus ondermyn.

Keywords : Ekonomie; Adam Smith; Suid-Afrika; Politiek; Kultuur; Identiteit; Ekonomiese Groei; Minderhede; Swart Ekonomiese Bemagtiging; Regstellende Aksie; Staatslegitimiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License