SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

GERBER, Schalk. Oor die vraag na identiteit in 'n postapartheid-wêreld: Ko-skepping as alternatief vir onto-rasse-logie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.3, pp.597-607. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a11.

Hoe verstaan 'n mens wie jy is in 'n postapartheidwêreld? Anders gestel: Wat volg moontlik op die logika van apartheid? In hierdie artikel word daar in die lig van dié vrae betoog vir 'n identiteitsbegrip as aksie wat lei tot ko-skepping van betekenis eerder as essensie. Voordat hierdie betoog gelewer kan word, word in die eerste deel van die artikel die logika wat die identiteitsbegrippe in die koloniale bestel en in sy nakomeling apartheid gekonstitueer het, hermeneuties ontleed as onto-rasse-logie. Op sy beurt word getoon dat dié logika tot die opsluiting van identiteite as essensialisties binne 'n geslote totaliteit lei. Daarteenoor word in die tweede deel betoog enersyds vir die vermyding van 'n voortsetting of rekonstruering van n onto-rasse-logiese identiteit en 'n geslote totaliteit, en andersyds vir die ontsluiting van die wêreld met n identiteitsbegrip as aksie eerder as essensie. Dit is n identiteitsbegrip wat op n ontologiese vlak rekening hou met n persoon se gegewe bestaan in die wêreld as altyd saam met ander en die universele verantwoordelikheid wat daarby ingeweef is: die strewe na en herstel van n menswaardige bestaan vir almal.

Palavras-chave : identiteit; postapartheid; onto-rasse-logie; miskenning; betekenis; ko-skepping; universele; partikulêre; verantwoordelikheid; menswaardigheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons