SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

SLABBERT, Ilze  e  STEENKAMP, Terika. Behoeftes van gesinne waar 'n kind met kanker ge-diagnoseer is: Persepsies van maatskaplike werkers. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.3, pp.567-584. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a8.

As 'n kind met kanker gediagnoseer word, is dit nooit maklik om te verwerk nie. Die hele gesinsisteem ervaar ontwrigting om by sodanige diagnose aan te pas, en almal ervaar sekere behoeftes in hierdie situasie. Vir hierdie studie is die sisteemteorie gekies as teoretiese raamwerk om die verskillende behoeftes van die subsisteme in die gesin te eksploreer en te verken. Die doel van die studie was om die persepsies van maatskaplike werkers te ondersoek oor die behoeftes van gesinne waar 'n kind met kanker gediagnoseer is. 'n Kwalitatiewe studie is onderneem en etiese klaring is daarvoor verkry. Agtien deelnemers van ses verskillende hospitale en hospiese landwyd het aan die studie deelgeneem. Doelbewuste steekproefneming is gedoen. Data is ingesamel aan die hand van 'n semi-gestruktureerde onderhoudskedule. Drie temas is geïdentifiseer, naamlik die behoefte aan inligting, ondersteuning en kommunikasie. Relevante subtemas is ook geïdentifiseer. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die gesinsisteem waar n kind met kanker gediagnoseer is, sekere behoeftes ervaar waarvan maatskaplike werkers bewus moet wees ten einde effektiewe dienslewering aan hierdie gesinne te bied.

Palavras-chave : Kind met kanker gediagnoseer; gesinsisteem; ouer-subsisteem; sibbe-subsisteem; behoeftes; inligting; ondersteuning; kommunikasie; kwalitatiewe studie; temas; gesondheidsorgspan.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons