SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue3Drama chronicle 2008-9Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BEUKES, Wynand; EHLERS, Anton  and  VERHOEF, Grietjie. Sanlam-amptenare uit die volk gebore om die volk te dien?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.3, pp.548-566. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a7.

Die Suid-Afrikaanse lewensversekeringsmaatskappy Sanlam het in 1918 die lewenslig aanskou te midde van verskeie verweefde ekonomiese, politieke en maatskaplike faktore wat meegewerk het om 'n taamlik stewige stigtingstydperk vir die jong maatskappy te verseker. Op politieke gebied was die stigting aan die opwelling van Afrikanernasionalisme gekoppel (Koen 1986:6068; Le Roux 1953:128; Scannell 1968:11). Dié nasionalisme het gepaardgegaan met die stigting van die Nasionale Party (NP) in 1914. Die volksgevoel het ontstaan uit die benarde maatskaplike posisie waarin talle Afrikaners hulle ná die Anglo-Boereoorlog bevind het. Afrikanerleiers het besef dat opheffing slegs moontlik was indien Afrikaners ook 'n aandeel in die sakewêreld verwerf. Dié wete, tesame met die sukses van die Helpmekaarbeweging en die gaping in die bestaande versekeringsbedryf in Suid-Afrika vir 'n lewensversekeringsmaatskappy veral gemik op Afrikaners, het regstreeks tot die stigting van Sanlam gelei. Die maatskappy was hoofsaaklik aanvanklik op die Afrikanermark gemik, maar het uit die staanspoor die hele Suid-Afrikaanse mark bedien. Dit het sakesin gemaak - 'n suksesvolle onderneming in die Suid-Afrikaanse mark wat sy besigheidsfokus direk mik op 'n segment van die samelewing wat grotendeels buite die versekeringsmark gestaan het, en wat terselfdertyd kon bydra tot Afrikaneropheffing. Die vraag wat in hierdie artikel beantwoord word, is in hoeverre dié voorafvermelde konteks en ook veral die Sanlam-slagspreuk "Uit die volk gebore om die volk te dien" in die aanstelling van die eerste amptenare weerspieël is. Het die maatskappy net op wit Afrikaanssprekende NP-ondersteuners staatgemaak om op dreef te kom? Was daar dus genoeg sakekundigheid in eie geledere om dié nuwe Afrikaner-wa deur die eerste drif te kry?

Keywords : Lewensversekeringsmaatskappy; personeel; Afrikaners; Afrikaans; nasionalisme; ekonomie; Engelssprekendes; opheffing; verwarrende uitsprake.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License