SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número3Afrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BISSCHOFF, Christo. 'n Longitudinale oorsig van Suid-Afrikaanse bestuurders se houdings oor besigheidsetiek: Tendense van 2007 tot 2016. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.3, pp.530-547. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a6.

Dié studie ondersoek die etiese tendense wat sedert 2007 tot 2016 onder Suid-Afrikaanse bestuurslui heers. Dieselfde reeks van 12 twyfelagtige individuele besigheidscenario's is deur die jare aan vergelykbare groepe bestuurders voorgehou om hul houdings teenoor die voorgestelde gedragscenario's te bepaal. Deur die jare is die houdings van 1 929 bestuurders so gedokumenteer. Die tendense toon dat die bestuurders nou meer krities is teenoor die scenario's in tien van die gevalle. Dit beteken dat sekere besigheidsgedrag wat vroeër as aanvaarbaar geag is, nou bevraagteken of as nie meer as aanvaarbaar geag word nie. Dit is 'n positiewe skuif in die regte rigting van etiese besigheidspraktyke. Dit toon ook aan dat bestuurders in 2016 meer bewus is van etiese gedrag en wat dan as eties korrekte besigheidsgedrag beskou word as hul voorgangers in 2007. Interessant is dat daar 'n hele paar gedragscenario's is wat vanaf 2007 tot en met ongeveer 2011/12 eers verswak het, voordat dit daarna skerp verbeter het. Die bepaling van die etiese houdings is belangrik aangesien houding n sterk drywer van gedrag is; gevolglik behoort verbeterde etiese houdings na verbeterde etiese gedrag deur bestuurders te lei.

Palabras clave : houding; etiek; besigheid; bestuurders; oneties; tendens; scenario's.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons