SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número3Using hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve readingDrama chronicle 2008-9 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

HOPPERS, Catherine Odora  e  VAN DER WESTHUIZEN, Gert. Emansipatoriese leer en Opvoedkundenavorsing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.3, pp.519-529. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a5.

Opvoedkundenavorsing speel 'n toenemend-belangrike rol in sosiale verandering en die opbou van die demokratiese bestel in Suid-Afrika. Kennisbydraes oor onderwys en opvoeding is hoofsaaklik universiteitsgebaseerd, en dra nie alleen by tot wat bekend staan as die wetenskap van die onderwys nie, maar vorm ook die basis van beleide en kurrikula van die skoolstelsel. Die onlangse oproepe om dekolonisering van kennis in die onderwys kan aanvaar word as simptomaties van wesenlike stelseltekorte, tot dié mate dat mens kan praat van 'n krisis van relevansie en toepaslikheid. Hierdie is nie 'n tegniese krisis van slaagsyfers waar onderwys-owerhede leerprestasies wil verbeter nie, maar eerder 'n krisis van maatskaplike ineenstorting of reproduksie van sosiale ongelykhede. Laasgenoemde bestaan steeds in die samelewing en noop opvoedkundiges om opnuut skole as plekke van strydvoering te beskou, soos dit in die verlede bepleit is deur aktiviste soos Neville Alexander, Dirk Meerkotter, Aslam Fataar, en ander. In hierdie konteks is dit sinvol om ondersoek in te stel na die rol van Opvoedkundenavorsing en die mate waartoe dit bydra tot onderwysverandering. Ons fokus op die vraagstuk van emansipatoriese leer en die moontlikhede van navorsing om bevryding en transformasie te bewerkstellig, en by te dra tot onderwysverandering. Die geskrifte en nalatenskap van Neville Alexander is vir hierdie doel 'n geskikte vertrekpunt, aangesien hy as onafhanklike en sosiaal-kritiese denker rigtinggewende uitsprake oor emansipatoriese leer vir onderwys in Afrika gemaak het, wat nie die aandag wat dit verdien gekry het nie. Deur erkenning te gee aan die kompleksiteit van maatskaplike verandering, beklemtoon ons in hierdie teoretiese artikel die belangrikheid van emansipatoriese leer in navorsers se hantering van opvoedkundige teorieë. Ons bevraagteken die wyses waarop teorieë gebruik word in opvoedkundenavorsing en stel dan die emansipatoriese en generatiewe gebruik van teorieë voor. Die doel is om gesprekke oor dominante paradigmas en teorie aan te moedig ter wille van alternatiewe aksies wat kan bydra tot onderwysverandering in die konteks van die oproepe om die dekolonisering van kennis.

Palavras-chave : Emansipatoriese leer; opvoedkundenavorsing; dominante paradigmas; generatiewe teorieë; sosiaal-kritiese denke; onderwyskrisis; Neville Alexander.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons