SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número3The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South AfricaUsing hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve reading índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VILJOEN, Germarié  y  VAN DER WALT, Kobus. Suid-Afrika se waterkrisis - 'n Interdissiplinêre benadering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.3, pp.483-500. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a3.

Suid-Afrika se toekoms word wesentlik bedreig deur 'n uiters beperkte water-hulpbron wat vanweë 'n lae reënvalsyfer en onvoorspelbare droogtes vergelyk kan word met van die droogste lande ter wêreld. Suid-Afrika het boonop 'n swak rekord van waterbesparing, die behandeling van afvalwater asook die instandhouding van waterinfrastruktuur. Hierdie gebreke lei tot groeiende kommer oor die land se beskikbare volume water, asook die gehalte daarvan. Die Nasionale Waterwet 36 van 1998 (NWW) is uitgevaardig met die primêre doel om die reg rakende Suid-Afrika se waterhulpbronne fundamenteel te verander. Die aanhef van die NWW verklaar dat water "'n skaars nasionale hulpbron is" en "'n natuurlike hulpbron is wat aan alle mense behoort". Artikel 3 van die NWW brei hierdie standpunt uit deur te bepaal dat alle watergebruiksregte onder die gesentraliseerde beheer van die nasionale regering as openbare trustee val om onder meer die verspreiding, bestuur, gebruik en bewaring van en gelyke toegang tot dié skaars hulpbron te verseker. Die inkorporering van die konsep van openbare trusteeskap het 'n paradigmaskuif in die waterreguleringsraamwerk meegebring, met die gevolg dat alle privaat regte in water afgeskaf is en dat alle water effektief genasionaliseer is. Ten spyte van hierdie statutêre hervorming dui beskikbare data daarop dat die toestand van waterhulpbronne in Suid-Afrika besig is om gaandeweg en voortdurend te verswak. Hierdie artikel het ten doel om te bepaal of die nuwe waterreguleringsraamwerk van Suid-Afrika, geskoei op die konsep van openbare trusteeskap, voldoende oplossings vir Suid-Afrika se groeiende waterkrisis bied. Die artikel ontleed derhalwe Suid-Afrika se waterreguleringsraamwerk, met spesifieke verwysing na die konsep van openbare trusteeskap. Die verswakkende toestand van die land se water word vervolgens bespreek, waarna die artikel afsluit met n gefundeerde opinie oor of die waterreguleringsraamwerk, geskoei op die konsep van openbare trusteeskap, geskik is om Suid-Afrika se waterhulpbron op n volhoubare en billike wyse te bestuur en te beskerm.

Palabras clave : verantwoordingspligtigheid; fidusiêre verantwoordelikheid; openbare trusteeskap; waterkrisis; oplossings.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons