SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MALAN, Koos. Die versweë verandering van die Suid-Afrikaanse Konstitusie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.387-410. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a12.

Die leerstuk van grondwetlike oppergesag soos vervat in artikel 2 van die Suid-Afrikaanse Grondwet en die opvatting dat konstitusionele verandering slegs kan geskied nadat die streng wysigingsvoorwaardes ingevolge artikel 74 nagekom is, is geloofsversterkend dog ongegrond. Naas tekswysigings van die Grondwet, kan die konstitusie ingrypende veranderings ondergaan terwyl die teks onveranderd bly en die (wan)indruk van konstitusionele stabiliteit wek. Hierdie waarheid word aan die hand van die Suid-Afrikaanse konstitusionele gebeure van die afgelope twee dekades toegelig. Die Suid-Afrikaanse konstitusie het vanweë die uitwerking van politieke kragte talle ingrypende veranderinge ondergaan, sonder dat enige spoor op die teks gelaat is. Vier daarvan is hier ter sake. Die verandering van die kwasi-federale aard van die staat na 'n gesentraliseerde staatsopset; die migrasie van gesag vanuit die amptelike sentra van regerings-gesag na 'n verskeidenheid van nie-amptelike gesagsentra, wat meegebring het dat Suid-Afrika tot aan die einde van die Zuma-termyn 'n wanordelike hibriede regeringsopset geword het; die konstitusionele orde se versinking in 'n patronaatstaat vanweë sogenaamde kaderontplooiing; die staat se verlies aan die monopolie op wettige geweld gepaard met die gedeeltelike verburgerliking en privatisering van die verantwoordelikheid tot selfbeveiliging. Indien gepoog word om die aard van die Suid-Afrikaanse konstitusionele orde slegs met verwysing na die grondwetlike teks te peil, sou hierdie veranderinge verborge gebly het. Daarom is dit noodsaaklik om die bestudering van die konstitusie uit te brei tot die oorweging van politieke kragte, waardeur die eintlike stand van die konstitusie aan die lig kom.

Keywords : Grondwetlike oppergesag; kwasifederale na sentralistiese staatsopset; migrasie van politieke gesag na nie-amptelike gesagsentra; kaderontplooiing; staat se verlies aan die monopolie op wettige geweld; privatisering van die verantwoordelikheid tot selfbeskerming; konstitu-sionele verandering vanweë sosiopolitieke kragte teenoor tekstuele wysiging van die grondwet; vervalle konstitusionele reg; vervangende en vervangde konstitusionele reg; staatskaping.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License