SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DU TOIT-BRITS, Charlene. Die onderwyser as beoefenaar en bemiddelaar van selfgerigte leer. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.376-386. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a11.

Selfgerigte Leer (SGL) is onontbeerlik in die onderwys. Onderwysers het 'n belangrike rol om te vervul ter ondersteuning van leerders om die toepaslike vaardighede vir SGL te kan aanleer. Om in staat te wees daartoe om dit te doen moet die onderwyser vertroud wees met SGL en daarop voorbereid en gewillig wees om dit in hul onderrig aan te wend. Die outeur het voorts in die onderhawige artikel geredeneer dat onderwysers die fondament vir SGL moet lê, voortgesette ondersteuning moet bied, leerders moet voorsien van gereedskap vir selfbestuurde leer, n samewerkende leeromgewing moet skep waarin die onderwyser ondersteuning gee deur die leerders se SGL-ervaring aan te moedig, hulle inisiatiewe rakende leer moet fasiliteer en eerder as mentor moet optree as om 'n instrukteur te wees (Guglielmino 2013). Onderwysers moet dus die begeerte by leerders skep om inisiatief aan die dag te lê ten opsigte van hul eie leer, met of sonder die hulp van andere, hul leerbehoeftes te diagnoseer, leerdoelwitte te formuleer, menslike en materiële hulpbronne vir leer te identifiseer, toepaslike leerstrategieë te kies en te implementeer en leeruitkomste te evalueer. Onderwysers kan dus talle voordele put uit SGL. Die verkryging van die nodige vaardighede is afhanklik van die onderwyser se voorbereidheid op en gewilligheid om SGL sy of haar eie te maak.

Palavras-chave : kontrole; leer; onderwyser; selfgerigte leer; selfgerigtheid; leerders; voortgesette; lewenslange.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons