SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número2The constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STEYN, Trudie  y  HEYSTEK, Jan. Kan die leierskorps van 'n onderpresterende Suid-Afrikaanse primêre skool ten spyte van 'n uitdagende skoolkonteks die skip van rigting laat verander? 'n Gevallestudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.361-375. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a10.

Hierdie artikel omskryf die bevindings van 'n gevallestudie wat ondersoek het hoe die leierskapskorps by 'n Suid-Afrikaanse primêre skool, teen die agtergrond van 'n uitdagende skoolkonteks, daarin kon slaag om 'n omkeer by die skool te bewerkstellig, onder leiding van dieselfde skoolhoof. 'n Kwalitatiewe benadering is gevolg om die belewenisse van die skoolhoof, die skoolbestuurspan en die onderwysers te ondersoek in hulle poging om die skool se akademiese prestasie te verbeter. Die outeurs beweer dat faktore wat nóú saamhang met veragtering in 'n gemeenskap nie noodwendig 'n leierskapskorps sal beweeg om op kreatiewe wyse strategieë te identifiseer wat probleme kan oplos nie. Die bevindings dui daarop dat sodanige onderneming 'n duidelike en gemeenskaplike visie, missie en oortuiginge verg; 'n sisteembenadering wat op die wanfunksionele skoolkultuur afgespits is; asook 'n kollektiewe benadering wat monitering en die aanvaarding van aanspreeklikheid insluit. Die artikel volstaan met die slotsom dat, alhoewel uitdagings binne die skoolkonteks steeds 'n beduidende rol speel, die leierskap en personeel 'n omkeer in 'n skool se prestasie kan bewerkstellig deur met kreatiewe en vernuwende gekontekstualiseerde pogings vorendag te kom.

Palabras clave : leierskap; omkeermodel; onderpresterende Suid-Afrikaanse skool; leerderprestasie; uitdagende skoolkonteks; monitering; aanspreeklik-heid; kollektiewe benadering.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons