SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue2The constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STEYN, Trudie  and  HEYSTEK, Jan. Kan die leierskorps van 'n onderpresterende Suid-Afrikaanse primêre skool ten spyte van 'n uitdagende skoolkonteks die skip van rigting laat verander? 'n Gevallestudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.361-375. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a10.

Hierdie artikel omskryf die bevindings van 'n gevallestudie wat ondersoek het hoe die leierskapskorps by 'n Suid-Afrikaanse primêre skool, teen die agtergrond van 'n uitdagende skoolkonteks, daarin kon slaag om 'n omkeer by die skool te bewerkstellig, onder leiding van dieselfde skoolhoof. 'n Kwalitatiewe benadering is gevolg om die belewenisse van die skoolhoof, die skoolbestuurspan en die onderwysers te ondersoek in hulle poging om die skool se akademiese prestasie te verbeter. Die outeurs beweer dat faktore wat nóú saamhang met veragtering in 'n gemeenskap nie noodwendig 'n leierskapskorps sal beweeg om op kreatiewe wyse strategieë te identifiseer wat probleme kan oplos nie. Die bevindings dui daarop dat sodanige onderneming 'n duidelike en gemeenskaplike visie, missie en oortuiginge verg; 'n sisteembenadering wat op die wanfunksionele skoolkultuur afgespits is; asook 'n kollektiewe benadering wat monitering en die aanvaarding van aanspreeklikheid insluit. Die artikel volstaan met die slotsom dat, alhoewel uitdagings binne die skoolkonteks steeds 'n beduidende rol speel, die leierskap en personeel 'n omkeer in 'n skool se prestasie kan bewerkstellig deur met kreatiewe en vernuwende gekontekstualiseerde pogings vorendag te kom.

Keywords : leierskap; omkeermodel; onderpresterende Suid-Afrikaanse skool; leerderprestasie; uitdagende skoolkonteks; monitering; aanspreeklik-heid; kollektiewe benadering.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License