SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número2The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SMITH, Carien. 'n Ekokrities-filosofiese perspektief op die kortverhaal "Katvoet" (Riana Scheepers): Die mens en die natuur. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.310-329. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a7.

Hierdie navorsing bied 'n ekokrities-filosofiese blik op die verhaal "Katvoet" uit die gelyk-namige kortverhaalbundel deur Riana Scheepers (2009). Die navorsing is interdissiplinêr van aard en betrek die dissipline van filosofie sowel as letterkundige studie. "Katvoet" bevraagteken die antroposentriese perspektief deur alternatiewe perspektiewe te beklemtoon en 'n alterverhaal te skep wat parallel met die antroposentriese verhaal verloop. Die vrou se verhouding met diere en die natuur weerspreek die algemene aannames oor die mens en die natuur en die rol van die natuur in die mens se wêreld. Die vrou verdierlik in die verhaal en hierdie verdierliking skep die weg tot 'n verfrissende en nuwe siening van die absolute binêre opposisies van kultuur en natuur, rasionaliteit en emosies, die mens en die dier, objek en subjek, en "mind" en liggaam. Die vrou se verhouding met die natuur en diere plaas die mens en die natuur op gelyke voet en die natuur word nie onderdruk deur die mens nie. Die verhaal bied ook die geleentheid om die konsep natuur te herdefinieer teen die agtergrond van die verskuiwende verhoudings met die natuur.

Palabras clave : Ekokritiek; Riana Scheepers; vrou; dier; natuur; kultuur; rasionaliteit; liggaam; mind"; niemenslike; agentskap; Katvoet"; Morton; Buell.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons