SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue2Who are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South AfricaThe causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature review author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

KIRSTEN, Johanita. "Dit gaan nog belangrik word": Veranderinge in grammatikale toekomsverwysing in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.277-292. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a5.

Toekomsverwysing in Afrikaans kan grammatikaal en leksikaal aangedui word, soortgelyk aan ander Wes-Germaanse tale soos Nederlands en Engels. Die modale hulpwerkwoord sal, afkomstig van Nederlandse zullen, en die hulpwerkwoord gaan, van Nederlandse gaan, word algemeen gebruik vir toekomsverwysing, asook die toekomstige presens waar sinne sonder tempusaanduiding na die toekoms verwys. Die totale gebruiksfrekwensie van gaan toon nie tekens van verandering sedert standaardisering nie, maar die verskillende gebruike het tog nie stabiel gebly nie. Sedert standaardisering het die sintaktiese en semantiese gebruikskontekste van toekomsverwysende gaan uitgebrei, en waar die leksikale item gaan vroeg in die twintigste eeu nog oorwegend as hoofwerkwoord gebruik is, word dit vandag oorwegend as 'n hulpwerkwoord (direkte skakelwerkwoord en toekomsverwysende hulpwerkwoord) gebruik.

Keywords : grammatikalisering; grammatikale verandering; tydsaanduiding; toe-komsverwysing; werkwoorde; skakelwerkwoorde; hulpwerkwoorde; toekomstige presens; korpuslinguistiek; historíese geskrewe Afrikaans.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License