SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue2Remuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspectiveThe use of body maps by educators in fulfilling their pastoral role author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

CONRADIE, Jac. Modale kettings in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.258-276. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a4.

Modale (hulp-)werkwoorde (MW'e) kom algemeen in Germaanse tale en variëteite voor in kombinasies van twee of meer in een proposisie of klous, byvoorbeeld Jy sal vinniger moet kan werk. Die doel van hierdie ondersoek is om die beginsels van of beperkings op sulke opeenvolgings in Afrikaans te bepaal. Die hipotese word gestel dat hoe hegter die MW die sinsonderwerp aan 'n predikaat verbind, hoe nader sal die MW aan die hoofwerkwoord staan. Kan, soos in Sy moet kan orrel speel, dui byvoorbeeld op 'n inherente kenmerk van die onderwerp, naamlik die "vermoë" om orrel te speel, en staan gewoonlik die naaste aan die hoofwerkwoord. In epistemiese gebruik, soos in Sy kan moet orrel speel, lewer kan uitspraak oor die waarskynlikheid van die proposisie (naamlik Sy moet orrel speel) in sy geheel en neem dan gewoonlik die eerste posisie in. Die hipotese is vervolgens empiries getoets met verwysing na die MW'e sal/sou en modaal gebruikte gaan, moet/moes, mag, behoort te, wil/wou en kan/kon. Om die voorkoms as sodanig van kettings van hierdie MW'e te bepaal, is hoofsaaklik gebruik gemaak van Taalkommissie-korpus 1.1, maar ook van ander bronne. Daar is bevind dat 8 uit die 15 voorspelde kettings wel voorkom, terwyl van die volgordes wat nie voorspel word nie, slegs'n enkele voorbeeld gevind is, wat die hipotese oor die algemeen bevestig. Die volgorde van mag en behoort (te) ten opsigte van ander MW'e kon egter slegs ten dele bevestig word; dit is byvoorbeeld duidelik dat mag altyd ná sal/sou georden word en behoort (te) altyd voor kan/kon.

Keywords : proposisie; sinsonderwerp; predikaat; inchoatief; perfektief; kernbetekenis; epistemies; evaluering; evidensieel; relativering; realisering; deonties; dinamies; verpligting; toestemming; wil; vermoë; moontlik-heid; Force Dynamics.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License