SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue1The interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

NAUDE, Alida. Statistiese evaluering en voorspelling van woordherkenning-toetstellings van die Foneties Verteenwoordigende Eenlettergrepige Woordlyste in Afrikaans (FVEWA). Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.1, pp.124-136. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n1a8.

TEORETIESE RAAMWERK: In die oudiologiese toetsbattery word spraakoudiometrie klinies meer sensitief as suiwertoon-oudiometrie geag om verlaagde ouditiewe analitiese vaardigheid in terme van komplekse akoestiese strukture in individue te identifiseer, omdat dit ook hoër vlak linguistiese funksie in die evaluering insluit. Hoewel spraakoudiometrie dus as 'n belangrike komponent geag word, is daar tot op hede geen foneties gebalanseerde Afrikaanse spraakmateriaal beskikbaar om woordherkenning mee te meet nie. Woordherkenning moet in individue se eerste taal bepaal word ten einde 'n meer verteenwoordigende beeld van hul daaglikse kommunikasie funksionering te verkry. DOEL: Die hoofdoel van hierdie navorsing was om die geldigheid van die Foneties Verteenwoordigende Eenlettergrepige Woordlyste in Afrikaans (FVEWA) statisties te bepaal om woordherkenning in 'n bepaalde Afrikaanse populasie te meet. METODIEK: Die navorsing is gebaseer op 'n kwantitatiewe retrospektiewe studie van die oudiologierekords van deelnemers wat by 'n privaat oudiologiepraktyk geassesseer is. Die FVEWA is geëvalueer in terme van interlys-ekwivalensie en prestasie-intensiteit funksie vir gebruik in kliniese praktyk. BEVINDINGS: Daar is bevind dat die ses FVEWA-woordlyste statisties ekwivalent is wat moeilikheidsgraad betref. Die gemiddeld waar deelnemers 50% korrekte woordherkenning bereik het, was 14.2 dBGP. Die helling van die woordlyste wat in die FVEWA gebruik is, was 3.1%/dB by 50% (%/dB).

Keywords : Foneties Verteenwoordigende Eenlettergrepige Woordlyste in Afrikaans; FVEWA; psigometriese funksie; spraakoudiometrie; spraakherkenning; woordherkenning.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License