SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número1Student teachers' interpretation and use of learning theory conceptsThe perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

HUMAN, Thys. "'n Tyd van oorvloed;'n tyd van skaarste": Utopiese en distopiese impulse in Lien Botha se Wonderboom. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.1, pp.109-123. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n1a7.

In her debut novel, Wonderboom (2015), Lien Botha embraces established novelistic traditions such as the travel narrative and literary dystopia, but at the same time she succeeds in working within these genre boundaries in an innovative and expanding manner. Unlike many dystopian novels that have appeared in Afrikaans over the last three decades or so, Wonderboom is not dominated by a pessimistic or fatalistic attitude. The novel rather articulates the optimistic belief that things can be different from the bleak outlook portrayed at narrative level, despite the process of undoing that is present at the structural and content levels. Wonderboom (2015), Lien Botha se debuutroman, speel soos Eben Venter se Horrelpoot (2006) en Deon Meyer se Koors (2016), in 'n postapokaliptiese Suid-Afrika af, met die gevolg dat dit teen die agtergrond van distopiese toekomsliteratuur in Afrikaans gelees kan word, maar dan as welkome vroulike bydrae tot 'n genre wat die afgelope paar jaar deur manskrywers gedomineer is. Barendse (2013:76) wys daarop dat hoewel hedendaagse internasionale distopiese literatuur 'n sterk feministiese inslag vertoon, die toekomsromans wat sedert die 1990's in Afrikaans verskyn het, almal geskryf is "deur wit Afrikaanse manlike skrywers" en almal "wit manlike hoofkarakters" bevat. Met Wonderboom sluit Botha by tekste aan wat eerder onder die noemer "kritiese distopieë" as "klassieke distopieë" tuisgebring kan word. Volgens Mohr (2005:10) behoort hierdie tekste tot die eiesoortige genre wat sy "grensoor-skrydende utopiese distopieë" noem, aangesien dit bepaalde utopiese elemente by die oorwegend distopiese vertelling inkorporeer en die binêre logika van die klassieke distopie bevraagteken, ondermyn en oorstyg. In hierdie artikel word daar, in die lig van bogenoemde, ondersoek ingestel na die wyses waarop Wonderboom die konvensies van die sogenaamde klassieke distopie bevestig, maar terselfdertyd ook aan die hand van utopiese perspektiewe uitdaag en op grensoorskrydende wyse ondermyn.

Palabras clave : Postapokaliptiese fiksie; utopie; distopie; distopiese letterkunde; radikale pessimisme; hoop; grensoorskrydende utopiese distopie; klassieke distopie; kritiese distopie; Wonderboom; Lien Botha; ekspedisie; gedagtebeheer; amnesie; verset; verbeelding; hergeboorte; ekologiese verval.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons