SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número1Dollarisation as economic solution for the Zimbabwean demiseStudent teachers' interpretation and use of learning theory concepts índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VOS, Deon  e  DE BEER, Louw. 'n Vergelykende ondersoek na die aard en rol van onderwysbeheer in die onderwysstelsels van die BRICS-lande. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.1, pp.77-95. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n1a5.

Die doel van hierdie navorsing is om te bepaal hoe die aard en rol van onderwysbeheer in die vyf BRICS-lande (internasionale organisasie wat bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) gebruik kan word om mekaar tot voordeel te strek. Ten einde hierdie doel te bereik, word eerstens bepaal wat die aard en rol van onderwysbeheer op nasionale (makro-), provinsiale (meso-) en plaaslike (mikro-)vlak in die BRICS-lande behels en tweedens word die aard en rol van die onderwysbeheerstrukture van die BRICS-lande met mekaar vergelyk. Die onderlinge vergelyking van die aard en rol van die onderwysbeheerstrukture van die vyf lidlande se onderwysbeheerstelsels het ten doel om lesse wat geleer kan word met betrekking tot beste praktyke in die onderwysbeheerstelsels van die BRICS-lande, te formuleer. Laasgenoemde lesse kan tot voordeel van elke land se onderwysbeheerstelsel strek. Verskeie bronne is geraadpleeg ten einde die doel van die navorsing te bereik. Die literatuurstudie sluit onder andere 'n dokumentanalise van wetgewings, beleide, artikels en staatspublikasies in. Ander tersaaklike literatuur is ook gebruik as bronne om die teoretiese begronding te staaf. Aan die einde van die artikel word verduidelik dat, in al die lidlande, strukture op die drie onderwysbeheervlakke saamgestel word en dat, hoewel die aard en rol van hierdie onderwysbeheerstrukture van mekaar verskil, die gemeenskaplike ideaal is om gelyke, toeganklike en lewenslange onderwysgeleenthede vir almal beskikbaar te stel.

Palavras-chave : Brasiliaanse onderwysstelsel; BRICS-lande-onderwysstelsel; Indiese onderwysstelsel; onderwysbeheer; plaaslike onderwysbeheer; Russiese onderwysstelsel; Chinese onderwysstelsel; Suid-Afrikaanse onder-wysstelsel.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons