SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número1Day labourers: A case study of the vulnerability of the social fabric and cohesion in South Africa's informal economyA comparative study of the nature and role of education governance in the education systems of the BRICS countries índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

WOLHUTER, Charl  y  VAN DER WALT, Hannes. Huidige demografiese, politieke en religieuse tendense in die wêreld en onderwys ter bevordering van interreligieuse toleransie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.1, pp.56-76. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n1a4.

Hoewel die wêreld aansienlike veranderinge ondergaan het weens 'n verskeidenheid van kontekstuele magte wat invloed uitoefen op regerings, gemeenskappe, onderwysstelsels en uiteindelik ook skole, het die probleem van religieuse onverdraagsaamheid ongelukkig nie gewyk nie. Die uitwissing van hierdie probleem van godsdienstige geweld en gedrag kan nie bedink word sonder om die plek en rol van onderwys en onderwysstelsels in die hedendaagse voortdurend veranderende wêreld in ag te neem nie. Al die magte wat 'n invloed uitoefen op die lewens van mense en ook op die onderwys en onderwysstelsels het 'n aantal benaderings tot godsdiens en godsdiensonderwys in skole na die oppervlak gebring. Nadat die verskillende benaderings in die artikel beoordeel is, word die gevolgtrekking gemaak dat 'n benadering bekend as lewensbeskoulike saamlewe tesame met 'n konfessionele benadering (deur die keuse van die ouers van die skool se leerders bepaal) in die onderwys as die beste beskou moet word omdat dit strook met die wyd aanvaarde leer van menseregte, en ook omdat dit strook met die perspektiewe van die teorie wat in die artikel gebruik is as konseptuele en teoretiese lens waardeur die problematiek bekyk is, te wete die sosiale ruimte- en etiese handelings- of funksieteorie.

Palabras clave : demografie; demokratisering; godsdiens; menseregte; multikulturele samelewings; onderwys; sosiale ruimte- en etiese funksie- of handelingsteorie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons