SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTM índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DU PISANI, Kobus. Vader van holisme: Was Jan Smuts 'n intellektueel?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.1, pp.1-16. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n1a1.

Jan Smuts was uiters intelligent, 'n wetenskaplike in eie reg, 'n beskermheer van die wetenskappe en 'n bydraer tot wetenskaplike literatuur en diskoerse. Kwalifiseer hy deur sy intellektuele bydraes om as 'n intellektueel geklassifiseer te word? Sy aanspraak op die status van intellektueel sentreer om die konsep van holisme, wat hy oor dekades ontwikkel het en wat in Holism and evolution (1926) uiteengesit is. In hierdie boek het hy in 'n sintese van die bestaande kennis van sy tyd holisme voorgehou as die kreatiewe en koördinerende beginsel in die heelal, wat materie, lewe en gees saamvoeg. Hy het teleologies argumenteer dat evolusie 'n proses is wat al meer komplekse gehele tot stand bring en dat die natuur in die rigting van voortdurende verbetering beweeg. Smuts se konsep het positiewe openbare en wetenskaplike kommentaar uitgelok, maar hom ook betrek in 'n dispuut met Arthur Tansley, waarin sy idealistiese beskouing teen Tansley se materialistiese benadering te staan gekom het. Dekades later, in die 1980's, het holisme weer sterk op die voorgrond getree as teenvoeter vir reduksionisme. Dit het 'n sleutelkomponent van die sisteemteorie en -wetenskap geword, maar het ook prominent geword in diskoerse in verskillende soorte wetenskappe en in die werk van vooraanstaande wetenskaplikes in verskillende dissiplines. My gevolgtrekking is dat Smuts wel as 'n intellektueel kwalifiseer. Hierdie gevolgtrekking word eerstens gebaseer daarop dat Smuts se holisme die resultaat van oorspronklike denke was en intuïtief die weg aangedui het vir verdere ondersoek om die werklikheid te verklaar en te verstaan. Smuts het hiermee 'n konstruktiewe en steeds geldige bydrae tot die wetenskaplike paradigmaskuif in die twintigste eeu gelewer. Tweedens het holisme 'n beduidende impak op die samelewing gemaak, beide in Smuts se eie tyd en later. As intellektueel was en bly Smuts 'n belangrike rolspeler in openbare diskoerse.

Palavras-chave : J.C. Smuts; intellektueel; holisme; evolusie; Holism and evolution; wetenskaplike diskoerse; idealisme; materialisme; reduksionisme; wetenskapsparadigmas; materie en lewe; Arthur Tansley; Fredric Clements; teleologie; ekologie; rassebeskouings; sisteemwetenskappe; sisteemteorie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons