SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER WALT, Bennie J. Revolusie of reformasie? Die moontlike betekenis van Guillaume Groen van Prinsterer (1801-1876) se besinning daaroor vir vandag. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.1057-1076. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/V57N4A12.

Byna daagliks berig die media oor revolusionêre bewegings en hulle soms bloedige aksies. Ook in Suid-Afrika beoog die regering tans ʼn (sogenaamde demokratiese) revolusie op sosiaal-ekonomiese gebied. In die lig daarvan probeer hierdie ondersoek antwoorde op die volgende twee belangrike vrae vind: (1) Wat is die geestelike dryfveer, die karaktertrekke en die implikasies van ʼn revolusionêre manier van samelewingsverandering? (2) Wat presies behels die alternatief van ʼn Christelike reformatoriese benadering? Die opus magnum van die denker, Groen van Prinsterer (1801-1876), Ongeloof en revolutie, verskyn in 1847, ʼn jaar voor Karel Marx se revolusionêre Kommunistiese Manifes en bevat waardevolle insigte wat vandag nie vergeet mag word nie. 170 Jaar gelede het hierdie leier van die Nederlandse Réveil - ʼn merkwaardige Christelike herlewing - ook voor die keuse gestaan van revolusie of reformasie. Daarom dien sy werk in hierdie bydrae as inspirasie vir verdere besinning. Ongelukkig dra min mense in Suid-Afrika en ook elders (buite Nederland) nog kennis van sy denke. Daarby is daar geen lektuur oor hom in Afrikaans beskikbaar nie en selfs min in Engels wat die leemte sou kon vul. Hierdie ondersoek wil dus ook in hierdie behoefte ʼn bydrae lewer.

Palavras-chave : Antirevolusionêre benadering; Aufklärung [Verligtingsfilosofie]; Christelik-historiese benadering; demokrasie [verhouding tussen burgers en regering in ʼn staat]; filosofie; Franse Revolusie (1779); herlewing; Ongeloof en revolutie" (1847, 1868); rasionalisme; reformasie; Réveil [die Nederlandse van ongeveer1815-1865]; revolusie; Groen van Prinsterer; Guillaume (1801-1876).

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons