SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

MOEN, Melanie  y  BEZUIDENHOUT, Christiaan. Familiemoord gepleeg deur kinders: 'n Gevallestudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.990-1002. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a8.

Die Suid-Afrikaanse samelewing word as gewelddadig beskou, met 'n gemiddelde nasionale moordsyfer wat beduidend hoër is as in die res van die wêreld. Die familie is ʼn kernsisteem binne die breëre gemeenskap en word tradisioneel as 'n veilige sisteem beskou. Die realiteit is egter dat 'n groot persentasie moorde in Suid-Afrika deur 'n kennis, familielid of lid van 'n huishouding gepleeg word. Die doel van die artikel was om die kind as 'n persoon wat familiemoord pleeg, beter te verstaan. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gevolg en kwalitatiewe inhoudsontleding is vir data-analise gebruik. Die geval wat in hierdie artikel bespreek word om die tipiese kenmerke te illustreer van kinders wat familiemoord pleeg, het deel uitgemaak van ʼn PhD-studie in opvoedkundige sielkunde. Alhoewel elke geval van familiemoord tot ʼn mate uniek is, is daar wel kenmerke wat in die meerderheid gevalle voorkom en tot dieper insigte rakende die fenomeen kan bydra. Kenmerke wat dikwels voorkom, dui op ʼn swak (of geen) band met die primêre sorggewer. Geborge huislike omstandighede ontbreek oorwegend en die kind se emosionele behoeftes word grotendeels misken. Die akkumulatiewe stressors lei dikwels tot gevoelens en persepsies van verwerping. Verlies word nie altyd toereikend hanteer nie. Gesinswanfunksionering, wat mishandeling en ekstreme ouerskapstyle insluit, is opvallend. Akkumulatiewe stressors het dikwels gevoelens van angs en onderliggende aggressie tot gevolg. Die akkumulatiewe individuele en sistemiese gebeure vind oor jare plaas en lei daartoe dat die kind uiteindelik moord pleeg.

Palabras clave : familiemoord; kinders; etiologiese faktore; gesinswanfunksionering; binding; verwerping; mishandeling; angs; aggressie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons