SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue4The move away from a moderate to a radical land redistribution approach as transformation priority in South AfricaFamily murder by children: A case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DE VILLIERS, Pierre. Die rol van die Nasionale Studentefinansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.971-989. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a7.

In die vorige politieke bestel was swart studente onderverteenwoordig aan universiteite in Suid-Afrika. In 1990 was byvoorbeeld slegs 37,7% van studente swart. Met die oorgang na die nuwe politieke bestel is alle beperkings tot hoëronderwysinstellings wat op ras gebaseer was, verwyder. 'n Nuwe struikelblok vir toegang van voorheen uitgeslote groepe was die hoë koste van universiteitsopleiding. Finansiële realiteite het verhoed dat armer studente dit kon bekostig om verder by hoëronderwysinstellings te gaan studeer. Die staat se subsidie aan universiteite het sedert 1990 toenemend in reële per capita-terme afgeneem. Gevolglik het universiteite hulle klasgelde verhoog om hul boeke te laat klop. NSFAS is gestig om hoër onderwys meer bekostigbaar vir armer studente te maak. Sedert 1995 is R60,6 miljard aan universiteitstudente en R12,1 miljard aan TVET-studente uitbetaal. NSFAS-studente vaar beter as nie-NSFAS-studente in die sin dat 'n groter persentasie van hulle kwalifikasies verwerf en 'n kleiner persentasie van hulle onsuksesvol uit die stelsel val, vergeleke met die nie-NSFAS-studente. In die proses het die demografie van universiteitstudente ook baie verander. Teen 2014 was 71,1% van universiteitstudente swart. NSFAS het beslis 'n positiewe bydrae daartoe gelewer.

Keywords : Hoër onderwys; staatsubsidies; klasgelde; derde geldstroom; stygende koste; NSFAS-toekennings; staatsbesteding; NSFAS; leningterugbetaling; studenteprofiel; studenteprestasie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License