SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER ELST, Herman. Die wegbeweeg vanaf gematigdheid na 'n radikale grondherverdelingsbenadering as transformasieprioriteit in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.955-970. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a6.

'n Prioriteitskonsep wat deesdae gereeld gekoppel word aan radikale sosio-ekonomiese transformasie in Suid-Afrika (SA) is die oproep om versnelde grondherverdeling. In hierdie verband is daar konsensus onder akademici en meningsvormers dat grondhervorming in SA, met 'n spesifieke fokus op herverdeling, uiters traag plaasvind, en nie noodwendig die voorheen benadeelde massas bevoordeel nie. Vanuit verskillende oorde word geargumenteer dat die regering tot op hede 'n baie gematigde benadering tot grondherverdeling gevolg het. Dit is juis hierdie gematigde benadering wat bygedra het tot die trae pas van grondherverdeling. Teen die agtergrond van oproepe om radikale sosio-ekonomiese transformasie word daar toenemend gesinspeel dat daar wegbeweeg gaan word van 'n gematigde na 'n meer radikale grondherverdelingsbenadering. Dit is dan ook die doel van hierdie artikel om die regering se gematigde benadering tot grondherverdeling in oënskou te neem en te kontrasteer met die elemente van die ontvouende meer radikale beleids- en implementeringsbenadering. Die vraag word gestel: Wat is/was die rasionaal agter die huidige gematigde regeringsbenadering tot grondherverdeling, en watter faktore en beleidselemente gaan moontlik rigtinggewend wees vir die ontvouende meer radikale benadering?

Palabras clave : Beleid; grondherverdeling; Washington konsensus; trae vordering; gematigde benadering; radikale sosio-ekonomiese transformasie; radikale benadering; voogdyskap; Grondwet.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons