SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN DER MERWE, Hettie. Die aard en hantering van vooroordeel teen vroulike skoolleierskap in gedepriveerde gemeenskappe: bedreigings, benaderings, behoud. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.924-938. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a4.

Alhoewel skoolleierskapposisies toenemend deur vroue gevul word, heers daar steeds diepgesetelde vooroordeel teen die vermoëns van vroue om as leiers op te tree. Hierdie artikel fokus op die uitdagings en benaderings van vroulike skoolleiers wat in gedepriveerde gemeenskappe (dit wil sê binne die konteks van meervoudige gebrek) aan vooroordeel teen vroulike leierskapvermoëns uitgelewer is. Aan die hand van 'n kwalitatiewe gevallestudie-ondersoek is individuele onderhoude met agt vroulike skoolhoofde en agt skoolbestuurslede van laerskole in landelike gebiede in KwaZulu-Natal, Noordwes en Mpumalanga gevoer. Al agt laerskole is uitgelewer aan omstandighede van meervoudige gebrek. Die data-ontleding bevestig die aanwesigheid van vooroordeel teen vroulike leierskap en maak die benaderings bekend wat vroulike leiers volg om hierdie vooroordeel te oorkom. Hierdie benaderings hou verband met die hoë waarde wat vroulike skoolleiers aan verhoudingstigting, gesamentlike besluitneming en die versorging van 'n kwesbare leerlinggemeenskap heg.

Keywords : gesamentlike besluitneming; leierskapvooroordele; meervoudige gebrek; ondersteunende versorging; skoolleierskap; stereotipering; verhoudingstigting; vroulike skoolleierskap.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License