SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BECKMANN, Johan. Die Konstitusionele Hof se kultuurdiversiteitsopdrag aan die onderwys: Aanloklike bestemming anderkant 'n ongekaarte mynveld. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.897-923. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a3.

Kultuurgebaseerde konflik in die onderwys is endemies in ʼn land wat so kultuurdivers soos Suid-Afrika is. Hoewel kulturele regte deur die reg gereguleer word, ontstaan daar tog konflik tussen kulture wat selfs in hofgedinge uitloop en die funksionering van skole negatief beïnvloed. In die Pillay-hofsaak het Hoofregter Pius Langa gesê dat kultuurdiversiteit in die onderwys verwelkom en gevier moet word en nie gevrees moet word nie. Die viering van diversiteit klink aanloklik maar dit is nie duidelik hoe dit altyd moontlik is nie. In hierdie artikel bespreek ek enkele dimensies van die moeilik-definieerbare begrip kultuur aan die hand van enkele regs- en ander perspektiewe. Ek verwys ook na die Standard for the Principalship (2016) waarin dit gestel word dat goeie hoofde van alle Suid-Afrikaanse skole die beginsels van ubuntu hul eie moet maak en in hul bestuurspraktyk moet verreken. Dit kan tot die marginalisering van ander kulture lei. Die bestaan van ʼn tradisionele Afrika-kultuur (naamlik ubuntu) en ʼn Westers-kapitalistiese kultuur en die implikasies daarvan word bespreek. Onderwysbestuurders is soms eerder aan kulturele norme as die reg gehoorsaam omdat hulle in ʼn spanningsveld tussen die twee stelle aansprake moet funksioneer. Ek sluit af met ʼn voorbeeld van ʼn geval waar die regte van ʼn kwesbare groep naamlik skooldogters aangetas is deur mense wat kulturele norme bo die reg gehoorsaam het. Ek beoog om in ʼn opvolgartikel meer gevalle onder die soeklig te plaas. Voordat die ideaal van regter Langa verwerklik kan word, moet daar eers deur ʼn spreekwoordelike mynveld beweeg word.

Keywords : Kultuur; diversiteit; ubuntu; kulturele norme; kulturele imperatief; tradisionele Afrika-kultuur; Westers-positivistiese kultuur; spanningsveld tussen die reg en kultuur; kwesbare groepe; kulturele druk op besluite.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License