SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

WILLEMSE, Hein. In jarelange verbondenheid: Adam Small en die Cape Flats Players. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.879-896. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a2.

Adam Small het dikwels verwys na die amateurtoneelgeselskap die Cape Flats Players wat sedert 1972 gereeld sy dramas en revues opgevoer het, veral in die Wes-Kaapse gemeenskappe. Hierdie artikel lewer verslag van die verhouding tussen Small en die toneelgroep, 'n verbintenis waaroor nog nie uitgebreid navorsing gepubliseer is nie. In die stuk Afrikaanse toneelgeskiedenis word aanvanklik die rol van Dramsoc, die studentetoneelgroep van die Universiteit van Wes-Kaapland, die onmiddellike voorganger van die Cape Flats Players, beskryf met die fokus op die eerste Kaapse opvoering van Kanna hy kô hystoe in Augustus 1972. Daarna word die rigtende invloede van onder meer swartbewustheid belig wat die toneelgeselskap gevorm het, gevolg deur 'n beskrywing van die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die bedanking van Small as universiteitsdosent en regstreeks gelei het tot die ontstaan van die Players. Die artikel word afgesluit met 'n kort oorsig van die groep se aktiwiteite en hul verskillende gehore.

Keywords : Adam Small; Afrikaanse amateurtoneel; Cape Flats Players; Joanie Galant-hulle; Kanna hy kô hystoe; Peter Braaf; studentemilitansie; swartbewustheid; toneelgeskiedenis; Universiteit van Wes-Kaapland.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License