SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STRAUSS, Danie. Wysgerige onderskeidinge relevant vir 'n besinning oor staat en samelewing met besondere verwysing na Koos Malan se Politokrasie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.852-870. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a13.

Afrikaanse akademici voer tans 'n lewendige gesprek oor staat en samelewing met onder meer gespreksgenote soos Danie Goosen, Koos Malan en Andries Raath. Uiteraard kan met velerlei gesigspunte en insigte saamgestem word. Ter wille van 'n goeie begrip van die aard van staat en samelewing is dit egter wenslik om perspektiewe en onderskeidinge na vore te bring wat vrugbaar mag wees vir die ondersoek wat in hierdie artikel aan die orde gestel word. Die historiese lyn vanaf die Grieks polis (stadstaat) herberg 'n organiese gemeenskapsidee waarin die geheel-dele relasie sentraal staan. In die geskrif van Koos Malan oor die politokrasie kontrasteer hy dit met fasette in die denke van figure soos Hobbes, Locke en Rousseau wat getipeer word as abstrak, atomisties (individualisties) en die afwesigheid van 'n hegter gemeenskap. Die aard van 'n "staatlike orde" word gesien as 'n "tydelike historiese en dus veranderlike verskynsel" - waarmee die probleem van duursaamheid en verandering vanself na vore gebring word. Sonder die onderskeiding tussen aspekte as bestaanswyses en konkrete (natuurlike en samelewings-)entiteite kan beswaarlik ingesien word dat die regsaspek byvoorbeeld nie aan die staat (of enige ander samelewingsvorm) behoort nie want elke samelewingsvorm funksioneer bloot in hierdie (en alle ander aspekte) op 'n struktuurtipiese wyse. In selfstandige artikels sal egter nader ingegaan word op die onvermelde wortels van hierdie intellektuele tradisie wat ook teruggryp na die na-Kantiaanse vryheidsidealisme.

Palabras clave : staatlikheid; historisme; beginsel; universaliteit; vryheid en gesag; soewereiniteit; logiese skepping; natuur en vryheid; struktuur en rigting.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons