Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
RAATH, Andries. Die Aristotelies-politieke hermeneutiek - die voortgaande grondslae-diskoers oor politokratiese kommunitarisme. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.838-851. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/V57N3A12.
Die antieke Griekse kultuur was ooglopend religieus; dit was nie georiënteer volgens die belange van die individu nie, maar gerig op die Griekse polis. In 'n vorige artikel is daarop gewys dat politokratiese kommunitarisme se organismiese politieke filosofie tot ooglopende dilemmas lei: abstrakte universalisme en abstrakte partikulariteit; 'n "alternatief-moderne" dialektiese bemiddelingsteorie; 'n trans-individuele utopie van abstrakte gemeenskapslewe; 'n totalitêre (en absolutistiese) vorm van verstaatlikte politieke gemeenskap; voorkeur vir 'n staatstipe wat sonder erkenning van fundamentele regte funksioneer; asook politieke gemeenskap wat 'n beeld van innerlik-teenstrydige proporsies na vore bring en wat 'n ongedifferensieerde vorm van verstaatlikte assosiasie onderskryf. In antwoord daarop identifiseer Danie Goosen die leemte van "onhermeneutiese hermeneutiek" aan die kant van "Dooyeweerdse denkers" en bemerk pogings tot "sisteembou" by Aristoteliese kritici, terwyl Koos Malan die feit bekla dat sy werke en dié van sy mede-Aristoteliaan Goosen (binne die konteks van die staatsfilosofiese grondslae-debat) nie na behore gelees word nie. 'n Wesenlike leemte in die diskoers is dat Aristoteliese kommunitariërs nie voldoende aandag aan die grondmotiewe, grondidees en ideologiese ladings van wetenskaplike begrippe in die antieke Griekse politieke denke skenk nie. Bygevolg is tot dusver in die diskoers onvoldoende oor die Aristoteliese grondmotief, die grondidees wat daaruit voortspruit en die grondbegrippe wat die vorm van die Aristoteliese polis-staat bepaal, besin. Ter verrekening van die implikasies van politokratiese kommunitarisme word daarby stilgestaan. Die verwagting is dat, anders as wat die politokraat Alasdair MacIntyre tot dusver gepropageer het, politokrate die teoretiese erfenis van relativistiese politieke diskoers vir 'n diepgaande gesprek - met 'n nie-relativistiese inslag - oor grondslagkwessies sal verruil.
Palavras-chave : Aristoteles; syn; kommunitarisme; Heraclitus; hermeneutiek; polis; Parmenides.