SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número3The profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coast índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

NEL, Marius. "Apostoliese tye as onherhaalbaar en uniek": Pinksterkerke en Lukas-Handelinge. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.784-798. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a8.

Sommige Christene se wetenskaplik-geïnformeerde wêreldbeeld laat min ruimte vir bonatuurlike verskynsels of ingrypings buite die aanvaarde sisteem van verklaarbare oorsaak-en-gevolg. Hulle verwag nie ʼn bonatuurlike/goddelike ingryping nie omdat dit buite hulle verwysingsraamwerk val. Sommige in dié groep is die sogenaamde "cessationists", wat inter alia die Handelinge 2-gebeure van Pinksterdag en die daaropvolgende Geestesdoopervarings (Hand 4:31; 8:14-17; 9:17; 10:44-48; 11:15-16; 13:52; 19:2-6) asook die voorkoms van Geestesgawes in die vroegste Kerk (1 Kor 12-14; Rom 12:6-8; Ef 4:11-13; 1 Pet 4:10-11) beperk tot apostoliese tye. Hierteenoor verwag klassieke Pinkstergelowiges dat die bonatuurlike hulle steeds sal verras en dat die gebeure van Pinksterdag sowel as die werking van die Gees wat die lewe van die apostels en eerste gemeentes gekenmerk het, herhaal word in hulle midde. Trouens, hulle interpreteer en modelleer die huidige werklikheid aan die hand van Bybelse narratiewe en veral Lukas-Handelinge speel ʼn bepalende rol as "geskiedenis" van Jesus en die vroegste Kerk. Pinksterteoloë gebruik dan ook verskeie aspekte van die Lukaanse narratief om aan te dui dat die skrywer gebeure beskryf met die duidelike doel om lesers aan te moedig om hulle praktyk aan die hand daarvan te modelleer teenoor die "cessationist" standpunt dat Lukas se narratiewe vanuit die teologie in Paulus se leerredes geïnterpreteer moet word. Dié interpretasies van Lukas-Handelinge word kortliks beskryf voor enkele aspekte daarvan krities bespreek word.

Palabras clave : Pinksterkerke; Lukas-Handelinge; Pauliniese perspektief op Nuwe Testament; Lukaanse perspektief op Nuwe Testament; hermeneusis; herhaalbaarheid van Pinkstergebeure; wêreldbeeld; epistemologie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons