SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número3Operation Packer, March-April 1988, South Eastern Angola: Tumpo, Tumpo and once more Tumpo!!!"Apostolic times as nonrepeatable and unique": Pentecostals and Luke-Acts índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VERSTER, Pieter. 'n Sendingwetenskaplike ondersoek na die betekenis van eiesoortige kultuur. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.772-783. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a7.

Sendelinge het die eiesoortige kulture van bepaalde volke, stamme en groepe soms so hanteer dat daardie hantering tans baie gekritiseer word. 'n Westerse model van die evangelie van Jesus Christus is soms op mense afgedruk sonder om die eiesoortige kultuur van onderskeie groepe in gedagte te hou. Hul kultuur is soms versteur en die evangelieboodskap het nie altyd neerslag gevind nie. 'n Sendingwetenskaplike ondersoek sal die eiesoortige kultuur van groepe in die oordra van die evangelie moet erken. Die groot uitdaging is om kontekstueel te wees sonder om die essensiële elemente van die evangelie prys te gee. Inkulturasie - die benadering waarin gemeenskappe self deelneem om die boodskap wat aan hulle oorgedra word te verstaan - moet ondersoek word. Nuwe uitdagings van subkulture, ook onder Westers-georiënteerde mense, geniet aandag. Die missionale, en selfs die ontluikende kerk, hanteer die vraagstuk op ʼn unieke wyse. Sendingkundig moet die belang van eiesoortige kultuur bevestig word. Kultuur word tans soms as 'n "isme", wat verwerplik is, beskou, maar daar moet besef word dat kultuur 'n ononderhandelbare essensie van menswees is - net die wyse waarop dit onder volkere, groepe en gemeenskappe voorkom, verskil. Volgens die sendinggeskiedenis is verwerping van bepaalde kulture onaanvaarbaar. Die afbreking van bepaalde vorme van kultuur om eenvormigheid te bevorder, soos in die VSA-model, moet verhoed word. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is respek, kultuurverruiming en uitbouing van die kulture van verskeie groepe essensieel. Die missionale kerk kan 'n belangrike rol hierin speel.

Palavras-chave : Sending; kultuur; Westerse oorheersing; inkulturasie; Paulus; Filippense; 1 Korintiërs; missionale kerk; eenheid van die kerk; verskeidenheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons