SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue3A preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western CapeThe profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coast author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

OOSTHUIZEN, Gerhard J. J.. Operasie Packer, Maart-April 1988, Suidoos-Angola: Tumpo, Tumpo en nogmaals Tumpo!!!. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3. ISSN 2224-7912.

Operasies Moduler, Hooper en Packer (1987-1988) het, benewens die beveiliging van die União Nacional para a Independência Total de Angola/Nasionale Unie vir Volkome Onafhanklikheid vir Angola (UNITA)-vestings Mavinga en Jamba, beoog om alle Forças Armadas Populares de Libertação de Angola/Die leër van die Angolese MPLA-regering (FAPLA)-brigades oos van die Cuito-rivier te vernietig of ten minste weswaarts oor dié rivier te verdryf. Tydens Operasies Moduler en Hooper kon die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW)-UNITA-bondgenote daarin slaag om die FAPLA-bondgenote se aanmars effektief te stuit. Die primêre doelwit om alle FAPLA-brigades oos van die Cuito-rivier te vernietig of ten minste oor die rivier te verdryf, kon egter nie verwesentlik word nie. Tydens Operasie Hooper is twee mislukte aanvalle binne die bestek van sowat twee weke op Tumpo geloods - elke keer vanuit dieselfde rigting of aanmarslyn. Hierdie artikel fokus op die derde en laaste SAW-UNITA-aanval op Tumpo en die aanspraak van kolonel Jan Breytenbach, oud-bevelvoerder van 32 Bataljon, dat "By early the next morning  they had driven the 25th Brigade from their positions and taken Tumpu . This clearly demonstrated that well planned, well led and well coordinated night  attacks by well trained infantary seldom fail." Verskeie dominante faktore het egter die derde aanslag op Tumpo gekelder: ʼn Gebrek aan kreatiewe denke deur bykans dieselfde aanvalsplan en aanmarslyn van die mislukte tweede Tumpo-aanval te herhaal; die gebrek aan ʼn oorwoë logistieke stelsel (byvoorbeeld die tekort aan diesel en meganiese paraatheid van voertuie en toerusting); deeglik verskansde en toegeruste FAPLA-magte; ontoereikende intelligensie (veral betreffende die tweede mynveld); bykans onbegaanbare sanderige en digbeboste terrein; onbemande observasieposte; grotendeels onvoldoende voorbereiding en opleiding van burgermageenhede; die gespanne en gebrekkige vertrouensverhouding tussen burgermageenhede en SAW-staandemagoffisiere; en internasionale druk om uit Angola te onttrek.

Keywords : Operasie Packer; SAW; UNITA; FAPLA; MPLA; SWAPO; Angola; Cuito Cuanavale; Tumpo; Mavinga; Jamba.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License